McGregor doen dit weer!

Hank McGregor. Foto: ANA.

Suid-Afrika se roei-maestro, Hank McGregor, het ’n nuwe rekord by die Maui Jim Molokai-uitdaagtoernooi in Hawaii opgestel toe hy soutwater in die oë van die wêreld se beste roeiers opgespat het.

McGregor, wat die wedren reeds twee keer vantevore gewen het, het sy staal teen Australië se Cory Hill gewys toe dié twee in ’n titaniese stryd gewikkel was.

In ’n stadium het die Suid-Afrikaner sy voorsprong van 20 sekondes weggesmyt, maar hy was uiteindelik eerste oor die wenstreep in ’n spogtyd van 3:11:17.

“Ek is werklik trots op my sege, terwyl die rekord ook glad nie te versmaai is nie,” het McGregor gesê.

“Dit was ’n taai resies, maar ek het ’n lekker golf teen die einde gevang wat my baie gehelp het.”

Dan het die 19-jarige Josh Fenn ’n algehele vyfde plek in sy Hawaii-debuut losgeroei, terwyl Hayley Nixon derde in die vroue-afdeling geëindig het.

Mans:

  1. Hank McGregor 3:11:17
  2. Cory Hill (Australië) 3:11:51
  3. Patrick Dolan (VSA) 3:13:00
  4. Alastair Day (Australië) 3:16:39
  5. Josh Fenn 3:17:48

Vroue:

  1. Jordan Mercer (Australië) 3:47:22
  2. Georgia Laird (Australië) 3:50:34
  3. Hayley Nixon 3:54:57

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.