McGregor geopereer; beloof terugkeer na kryt 

Conor McGregor. (Foto: Stacy Revere/GETTY IMAGES NORTH AMERICA/Getty Images via AFP)

Conor McGregor het Sondag ’n drie uur lange operasie ondergaan nadat hy ’n beenbreuk opgedoen het tydens sy geveg met Dustin Poirier.

McGregor het sy kuitbeen (fibula) en skeenbeen (tibia) gebreek tydens Saterdag se geveg in Las Vegas.

Volgens Audie Attar, McGregor se agent, was die operasie suksesvol. Hy het bygevoeg dat McGregor se dokters “vol vertroue is dat hy mettertyd volkome sal herstel” en dat die veglustige Ier wel weer in die hok sal wees.

Die 32-jarige gemengdegevegskuns-atleet het aggressief weggetrek en later vir Poirier in ’n guillotine-greep beetgekry, maar die Amerikaner het stelselmatig die oorhand begin kry.

Net voor die einde van die ronde het ’n bebloede McGregor met ’n wilde vuishou losgetrek, maar sy been het meegegee en hy het in ’n hopie op die hokvloer beland.

Conor McGregor (links) en Dustin Poirier in aksie. (Foto: Stacy Revere/GETTY IMAGES NORTH AMERICA/Getty Images via AFP)

Poirier het toe op McGregor toegesak en hom met die vuis en elmboog bygedam voor die ronde beëindig is. Dit is die tweede keer in ses maande dat Poirier McGregor klop.

McGregor het voor die geveg aan Poirier gesê hy gaan die kryt in ’n kis verlaat, maar in plaas daarvan moes McGregor op ’n draagbaar uitgedra word. Poirier meen dit was karma.

Intussen word gehoop op ’n vierde Poirier-McGregor-stryd.

“Ons gaan weer veg; of dit nou in die kryt of op die sypaadjie is,” het Poirier gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Daleen ·

McGregor se arrogansie is so afbrekend vir sy beeld. Sy aanmerkings teenoor Poirier voor die geveg was totaal onnodig. Geen respek meer vir hom nie. Ek het baie respek vir iemand soos Dricus du Plessis wat ongeag sy sukses steeds nederig en met selfrespek optree.

SwartBees ·

En hier daag ek daag ons is die enigstes wat dit gebruik.

Louis ·

McGregor is arrogant verby en common bly common, maak nie saak hoeveel geld hy het nie. Hy raak baie persoonlik met sy groot mond en ek hoop Poirier maak sy bek weer stil.

Flip ·

Hy het mos gesê dat hy selfs vir Jesus sal wen en kyk wat gebeur nou…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.