Medvedev bêre raket en haal heuningkwas uit

Daniil Medvedev. Foto: Paul Crock/AFP.

Daniil Medvedev is saam met Alexander Zverev en Dominic Thiem die toekoms van manstennis.

Die 25-jarige Rus is tans die derde beste speler op ATP-wêreldranglys, maar hy is die afgelope naweek deur Novak Djokovic in die eindstryd van die Australiese Ope verrinneweer.

Die Serwiese ster het amok in Melbourne gemaak om sy negende Aussie-titel in te oes. Hy het die eindstryd met 7-5, 6-2 en 6-2 gewen.

En Medvedev het waardering vir Djokovic se spel.

“Novak tel onder die drie taaiste teenstanders teen wie ek al gespeel het. Wanneer hy saam met Roger Federer en Rafael Nadal besluit om die krane oop te draai, is hulle pleinweg in ’n ander klas,” het hy gesê.

Op die internasionale manstennisverhoog is Djokovic goed op koers om die rekord vir die meeste Grand Slam-titels nóg te verbeter.

“Ek is tans 25 jaar oud. As ek ook nege Australiese Ope-titels agter my naam wil hê, sal ek elke jaar moet wen totdat ek 34 is. Ek het baie selfvertroue, maar ek dink nie daardie prestasie is binne my vermoë nie,” het Medvedev geskerts.

  • Hoe sake op die wêreldranglys staan:
  1. Novak Djokovic 12 030 punte
  2. Rafael Nadal 9 850 punte
  3. Daniil Medvedev 9 735 punte
  4. Dominic Thiem 9 125 punte
  5. Roger Federer 6 630 punte
  6. Stefanos Tsitsipas 6 595 punte
  7. Alexander Zverev 5 615 punte
  8. Andrey Rublev 4 609 punte
  9. Diego Schwartzman 3 480 punte
  10. Matteo Berrettini 3 480 punte
  • Lloyd Harris het Kevin Anderson as Suid-Afrika se voorste speler verbygesteek. Harris is nou 82ste op die ranglys en Anderson is 86ste.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.