Medvedev rol verby Norrie

Daniil Medvedev (argieffoto) is nog op koers om sy Miami-titel te verdedig. (Foto: X/ATP Tour)

Verdedigende kampioen Daniil Medvedev het antwoorde vir Cameron Norrie se tennisvrae in die eerste stel gereed gehad, waarna hy in die tweede stel losgetrek het om hul Miami-Opekragmeting met 7-5 en 6-1 te wen.

Die Britse Norrie, wat in Johannesburg gebore is, het ʼn paar keer sy man gestaan teen Medvedev se afslaanwerk in die openingsalvo van die wedstryd.

“Cameron is ʼn speler wat die bal baie goed kan terugslaan. Hy het goeie momentum geniet, maar ek kon sonder om ʼn valbylpot af te dwing die stel wen,” het Medvedev gesê.

Die Rus sal in die volgende ronde teen Dominik Koepfer van Duitsland te staan kom.

In ander wedstryde het Jannik Sinner vir Tallon Griekspoor getem, terwyl Tomas Machac ʼn einde aan Andy Murray se lopie gemaak het.

In die vroueafdeling is Iga Swiatek steeds op koers nadat sy vir Linda Noskova geklop het, maar Naomi Osaka het die onderspit teen Caroline Garcia gedelf.

Uitslae:

Daniil Medvedev klop Cameron Norrie met 7-5 en 6-1

Casper Ruud klop Alejandro Davidovich Fokina met 6-3 en 6-4

Tomas Machac klop Andy Murray met 5-7, 7-5 en 7-6

Jannik Sinner klop Tallon Griekspoor met 5-7, 7-5 en 6-1

Fabian Marozsan klop Holger Rune met 6-1 en 6-1

Alex de Minaur klop Kwon Soon-woo met 6-3 en 6-2

Grigor Dimitrov klop Alejandro Tabilo met 6-7, 7-6 en 6-2

Ben Shelton klop Martin Landaluce met 6-3 en 6-4

Iga Swiatek klop Linda Noskova met 6-7, 6-4 en 6-4

Caroline Garcia klop Naomi Osaka met 7-6 en 7-5

Jessica Pegula klop Leylah Fernandez met 7-5 en 6-4

Coco Gauff klop Océane Dodin met 6-4 en 6-0.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.