Mercedes jaag F1 in swart motors oor rassisme

Mercedes se renmotor vir die komende seisoen. Foto: Twitter.

Die silwer Mercedes-renmotor sal met ’n swart een vervang word wanneer vanjaar se Formule Een-seisoen in Oostenryk wegspring.

Mercedes het gister aangekondig dat hulle in swart renmotors vir die komende F1-seisoen sal jaag in ’n poging om rassisme te beveg, terwyl daar ook gepoog word om ’n meer diverse span op die been te bring.

Lewis Hamilton, die eerste swart F1-kampioen, sal saam met sy spanmaat Valtteri Bottas in swart renpakke jaag; die Brit het ook met die ontwerp van die nuwe Mercedes gehelp.

Die 35-jarige – wat sal poog om Michael Schumacher se rekord van sewe wêreldkampioentitels te ewenaar – het die sport “wat deur wit mense oorheers word” en van sy medebestuurders gekap ná die dood van George Floyd in Amerika. Hy wil onder meer ’n kommissie van stapel stuur om die diversiteit van motorsport te verbeter.

“Dit is ongelooflik belangrik dat ons hierdie geleentheid aangryp en dit gebruik om onsself op te voed om betekenisvolle veranderinge aan te bring – veral as dit by gelykheid en inklusiwiteit kom,” het Hamilton gesê.

Lewis Hamilton vier ’n oorwinning. Foto: (AP Photo/Luca Bruno)

Volgens Hamilton het hy reeds met Mercedes se F1-baas Toto Wolff oor die belangrikheid van ’n verenigde front gepraat.

“Ek het persoonlik al rassisme ervaar, terwyl ek toegekyk het hoe van my familie en vriende ook daaronder deurgeloop het. Ek praat uit my hart wanneer ek ’n beroep op verandering doen.”

Mercedes het Maandag gesê dat net 3% van hul werknemers uit minderheidsgroepe bestaan, terwyl vroue 12% van hul werkers uitmaak.

“Ons sal nie van die probleem wegskram nie,” het Wolff gesê.

Die voormalige F1-baas Bernie Ecclestone is ook deur Hamilton gekritiseer.

Vroeër het die 89-jarige Ecclestone, ’n motorsportlegende, in ’n onderhoud gesê dat swart mense soms groter rassiste as wit mense is.

“Dit is hartseer en teleurstellend om sulke kommentaar te lees. Maar dit is presies wat fout is; onkundige kommentaar wat net wys hoe lank die pad is wat ons nog as samelewing moet stap voordat ware gelykheid in werking kan tree,” het Hamilton daarop gesê.

Ecclestone het homself verweer en gesê dat hy nie teen swart mense is nie.

“Die teenoorgestelde is eintlik waar. Om die waarheid te sê, Lewis se pa wou saam met my ’n onderneming begin het; hy het goeie roeimasjiene gemaak. Ek sou dit nooit eens oorweeg het as ek iets teen swart mense gehad het nie.

“Oor die jare het ek al baie wit mense ontmoet van wie ek nie hou nie, maar nog nooit ’n swart mens van wie ek nie hou nie.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Magda ·

maak asb n WIT motor ook – vir die Rassisme teen WIT mense en Plaas moorde op WIT Boere – julle maak my siek met die Rassisme storie – Dit is wereld wyd en alaml word geraak nie net Swart nie. Wees asb regverdig teen WIT mense in Suid Afrika ook.

Suzette ·

Ek stem saam Magda. Ek is al so keelvol dat voorgegee word dat net een ras rassisties kan wees!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Stefan ·

Maar my maggies, dit beteken mos al die ander spanne wat dit nie doen nie is rassiste volgens vandaag se standaarde

Marthinus W ·

Hamilton is een van die 1000 rykste mense in Engeland, maar hy het die mense wat “wit” monumente wil afbreek, ondersteun.

Gerhard ·

Wys jou maar net weereens…al die geld in die wereld kan nie klas koop nie…

Snowball ·

Mercedes, julle moet verskoning vra dat julle begin is deur Duitsers (Blankes/Europeërs) in ‘n Europese land. Dat julle vernuf, kreatiwiteit en finansiële sukses te danke is aan blankes wat intellektueel en kreatief uitnemend was. Dis ‘n skande. Elders, sukkel ons nog plek-plek om ‘n kruiwa te balanseer, so wie gee julle die reg om so te presteer?

Jakes ·

Ag ou Lewis Hamilton, jou aksies is lagwekkend. Jy sal die laaste persoon wees wie se mening ek sal ondersteun. Ek is beslis nie n fan van jou nie en ken ek hordes mense wat soos ek voel.

Chris ·

Dit is ‘n sprekende voorbeeld van die hand byt wat jou voer. Minderwaardigheidskomplekse is baie nadelig en kan niks aan gedoen word nie.

Michael 1 ·

Belaglik ,hoekom verf jy nie jouself swart nie en skenk daai miljoene vir afrika nie.

Stephanie ·

Ja, kom ons PRAAT oor en DOEN iets aan minderheidsregte in SA. WIE is die MINDERHEID? die “WIT”, “BRUIN” en “ASIESE” mense. So, kom julle meerderheid “SWART” mense met julle meerderheidsregering – ERKEN OPENLIK julle rassisme en onderdrukking en uitbuiting van die minderhede in hierdie land. Maar julle wil skuil agter julle velkleur en dink dit verskoon julle bedrog, diefstal en selfsug.

Duck ·

Ek is ‘n groot Hamilton ondersteuner, was altyd en het groot respek vir hom, 6 keer wereld kampioen, hy is net eenvoudig talentvol as dit kom by kompetisie op die baan. Maar ek het nie verwag dat hy so ‘n groot inpak tot die F1 Mercedes groep gehad het nie.
Ek glo die F1 is ‘n motorsport, nie ‘n media platform waar ras en diskriminasie ‘n faktor moet wees nie.
Ek sal nog steeds vir Hamilton duim vas hou maar nie soos voorheen nie.
Regtig teleurgesteld.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.