Monaco Grand Prix: Verstappen stamp Hamilton van troon af

Max Verstappen vier die oorwinning saam met die Red Bull-span (23 Mei 2021) (Foto: Sebastien Nogier/various sources/AFP)

Dit gebeur nie aldag nie dat die Mercedes-renspan op sy herrie kry in Formule Een-renne nie.

Sondagmiddag het dit in die Monaco Grand Prix gebeur toe nie een van Lewis Hamilton of Valtteri Bottas op die podium kon eindig nie. Hamilton kon slegs sewende eindig en Bottas kon nie in die 32ste rondte uit die kuipe kom nie.

Boonop is Hamilton (101 punte) sy voorsprong op die kampioenskapspunteleer teenoor Max Verstappen (105 punte) kwyt. Red Bull (149 punte) het ook die voortou in die vervaardigersafdeling bo Mercedes (148 punte) geneem.

Die ren is deur Verstappen gewen, wat 25 punte met sy oorwinning verdien het teenoor Hamilton se 7.

Carlos Sainz (Ferrari) was tweede, Lando Norris (McLaren) derde, Sergio Perez (Red Bull) vierde, Sebastian Vettel (Aston Marton) vyfde en Pierre Gasly (Alpha Tauri) sesde.

Daar was net twee stukkies werklike drama. Die eerste was ʼn halfuur voor die wegspring toe Ferrari (Charles Leclerc) aangedui het dat hy nie Leclerc se motor se ratkas, wat in kwalifisering in die laaste ronde beskadig is tydens ʼn ongeluk, sou kon herstel nie.

Leclerc sou voor weggespring het en dit het die ren op ʼn skinkbord aan Verstappen gegee, want op Monaco word daar nie ingehaal en verbygesteek nie.

Die ander drama was in die 32ste rondte toe Bottas se span nie sy voorste regterband tydens ʼn kuipestop kon afkry nie. Mercedes het later verklaar dat die wielmoer in die as vasgesteek het en Bottas se ren was daarmee heen.

En o ja, die laaste hoogtepunt was toe Serena Williams kwaai gesukkel om die geruite vlag te waai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Groen Ghoen ·

Wonderwerke gebeur nog! F1 was nog nooit so vervelig soos nou nie.

Groen Ghoen ·

Bedoelende maar altyd net dieselfde wenner, vervaardiger en eindresultaat (Mercedes wen al elke jaar sedert 2014). Sedert Rosberg in 2016 wen Hamilton elke jaar, vir vier jare na mekaar. Hopelik kan Red Bull vanjaar sterker kompeteer.

Stephen ·

Hamilton baie slegte verloorder. Wonder net vir wie hy nou weer die skuld sal gee.

MakersMark ·

Dalk sal blm vra dat mense bietjie knie buig teen die feit dat hy verloor het….

Racheltjie Debeer ·

FANTASTIES!! Baie geluk Max! Iemand moet die verwaande vent op sy herrie gee!

Tolletjie ·

Het Bottas so jammer gekry, ek kan my daardie frustrasie indink toe hy nie uit die “pits” kon kom nie!

Boer ·

Dit is die begin van Lewis Hamilton se einde, Max for champion!!

Kosie ·

As dit die dag gaan oor bestuurs vernuf dan is Hamilton aan die verloor, sy span kan hom nie help om te wen nie,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.