Moto GP: Ducati mik weer na twee podiumposisies

Jorge Lorenzo van die Ducati-span vier sy oorwinning nadat hy die Moto GP-wedren by die Red Bull Ring in Spielberg, Oostenryk gewen het (12 Augustus 2018). Foto: Kerstin Joensson/AP

Die Britse Moto GP word Sondag op Silverstone aangebied.

Dit is die 12de wedren van die 2018-seisoen en alle oë is op die huidige wêreldkampioen, Marc Marquez (Repsol Honda), wat die eerste deel van die seisoen oorheers het. Ducati het egter sy stem dik begin maak in die laaste twee wedrenne.

Tydens die Oostenrykse Moto GP, wat twee weke gelede op die Red Bull Ring in Spielberg afgehandel is, het Ducati eerste en derde oor die wenstreep gejaag. Dit was ʼn titaniese stryd wat net-net deur Jorge Lorenzo (Ducati) gewen is. Die voorloper op die punteleer, Marquez (Repsol Honda), het tweede oor die eindstreep gejaag. Hy was net 0.130 van ʼn sekonde agter Lorenzo. Cal Crutchlow (Honda) was vierde en nog ʼn Ducati, dié van Danilo Petrucci, vyfde.

Verlede jaar op Silverstone het Ducati se Andrea Doviziozo eerste geëindig. Maverick Vinales was tweede en Valentino Rossi derde.

Die Silverstonebaan is 5.9 km lank en 15 m breed. Daar is 18 draaie met 10 na links en agt na regs. Die langste pylvak is 770 m lank.

Op die jongste punteleer het Marquez (Repsol Honda) sy voorsprong na 59 punte gerek.

1 Marc Marquez (Repsol Honda) 201
2 Valentino Rossi (Movistar Yamaha) 142
3 Jorge Lorenzo (Ducati) 130
4 Andrea Dovizioso (Ducati) 129
5 Maverick Vinales (Movistar Yamaha) 113

In die Moto2-afdeling is Brad Binder vierde op die punteleer en Steven Odendaal 28ste. In Moto3 is Darryn Binder tans in die 22ste plek.

Die Britse Moto GP se hoofwedren word Sondag om 14:00 gejaag en voorafgegaan deur die Moto3 om 12:20 terwyl die Moto2 ná afloop van die hoofren om 15:30 afgehandel word.

Klik hier vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Vraagteken ·

Ja, Milton Keynes is taamlik besig hier ???.

Ek sal nou ophou.?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.