Moto GP: Ducati slaan die kitaar in Tsjeggië

Foto: DucatiMotor, Twitter

Die Tsjeggiese Republiek se Moto GP is Sondag ná ʼn blaaskans van twee weke gejaag. Die wedren op die Masaryk-baan in Brno is oor 22 rondes beslis wat elk 5.403 km lank was.

Voor die wedren was Marc Marques (Repsol Honda – 165) 46 punte voor Valentino Rossi (Movistar Yamaha – 119).

Dit was die 10de wedren van die seisoen en Ducati het eerste en tweede geëindig. Die wedren is deur Andrea Dovizioso (Ducati) gewen met sy spanmaat Jorge Lorenzo tweede. Die voorloper op die punteleer, Marc Marques (Repsol Honda) het 3de oor die eindstreep gejaag.

Dovizioso (Ducati) het Saterdag die beste gevaar tydens die kwalifisering en hy het die voorste posisie op die wegspringrooster ingeneem. Valentino Rossi (Movistar Yamaha) was tweede en Marquez (Repsol Honda) derde. Lorenzo het op sy Ducati vierde weggespring en Cal Crutcglow op sy Honda was vyfde.

Met die wegtrek het die voorste ryers almal die eerste paar rondes uit die moeilikheid gebly terwyl van die agterste jaers in ʼn ongeluk of twee betrokke was.

Die voorste ses jaers het mekaar behoorlik die stryd aangesê en hulle was deurentyd op mekaar se hakke gewees. Dit was egter Ducati se Dovizioso en Lorenzo wat die beste daaraan toe was.

Dit was die 25-jarige Marques se 100ste MotoGP-ren.

Op die jongste punteleer spog Marques met 181 punte.
1. Marc Marquez (Repsol Honda) – 181
2. Valentino Rossi (Movistar Yamaha) – 132
3. Andrea Dovizioso (Ducati) – 113
4. Maverick Vinales (Movistar Yamaha) – 109
5. Jorge Lorenzo (Ducati) – 105
6. Johann Zarco (Monster Yamaha Tech 3) – 97

In die Moto2-afdeling het Suid-Afrika se Brad Binder verlede week eerste geëindig en Sondag was hy 6de.

In Moto3 het Darryn Binder in die 23ste posisie oor die eindstreep gejaag.

Die volgende wedren word op volgende Sondag die 12de Augustus in Oostenryk gejaag.

Meer inligting is hier beskikbaar

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Vraagteken ·

Binder sal sy man moet staan. Sy spanmaat is besig om hom ore aan te sit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.