Die sesde Moto GP van die seisoen is Sondag in Italië gejaag.
Daar was 90 000 toeskouers wat die skouspel dopgehou het. Marc Marquez (Repsol Honda) was voor in die wedren met 36 punte voor sy naaste teenstander. Hy het die laaste drie wedrenne gemaklik gewen.
Dit was egter Ducati se Jorge Lorenzo en sy spanmaat, Andrea Dovizioso, wat die wedren oorheers het en eerste en tweede geëindig het.
Die huidige voorloper op die punteleer en huidige wêreldkampioen, Marques, kon net die sesde vinnigste tyd tydens kwalifisering behaal wat aan hom ʼn sesde wegspringposisie gegee het.
1 | Valentino ROSSI | ITA | Movistar Yamaha MotoGP | Yamaha |
2 | Jorge LORENZO | SPA | Ducati Span | Ducati |
3 | Maverick VIÑALES | SPA | Movistar Yamaha MotoGP | Yamaha |
4 | Andrea IANNONE | ITA | Span SUZUKI ECSTAR | Suzuki |
5 | Danilo PETRUCCI | ITA | Alma Pramac Racing | Ducati |
6 | Marc MARQUEZ | SPA | Repsol Honda Span | Honda |
Met die wegspring het Marquez van die sesde na die derde plek opgeskuif. Jorge Lorenzo het die voortou op sy Ducati geneem. Andrea Dovizioso (Ducati) was tweede.
Marquez het egter op ronde vyf in draai nommer tien van die baan gegly en van derde na 18de afgeskuif. Hy het sy motorfiets met behulp van beamptes weer aan die gang gekry.
Die dag het egter aan die Ducati’s behoort. Lorenzo het sy voorsprong deurentyd vergroot met sy spanmaat Dovizioso tweede terwyl Valentino Rossi (Yamaha) en Andrea Iannone (Suzuki) sake om die derde plek uitgespook het.
Lorenzo het die wedren oor 23 rondes oorheers en gemaklik gewen met sy spanmaat, Dovizioso, tweede. Rossi het derde geëindig. Marquez het 16de oor die eindstreep gejaag.
1 | Jorge LORENZO | SPA | Ducati Span | Ducati |
2 | Andrea DOVIZIOSO | ITA | Ducati Span | Ducati |
3 | Valentino ROSSI | ITA | Movistar Yamaha MotoGP | Yamaha |
4 | Andrea IANNONE | ITA | Span SUZUKI ECSTAR | Suzuki |
5 | Alex RINS | SPA | Span SUZUKI ECSTAR | Suzuki |
Marquez (Repsol Honda) is steeds die voorloper op die punteleer met 95 punte terwyl Rossi (Yamaha) nou tweede is met 72 punte. Maverick Viñales (Movistar Yamaha) is derde met 67 en Dovizioso (Ducati) vierde met 66.
1 | Marc MARQUEZ | Honda | SPA | 95 |
2 | Valentino ROSSI | Yamaha | ITA | 72 |
3 | Maverick VIÑALES | Yamaha | SPA | 67 |
4 | Andrea DOVIZIOSO | Ducati | ITA | 66 |
5 | Johann ZARCO | Yamaha | FRA | 64 |
In die Moto2-afdeling was Suid-Afrika se Brad Binder sesde en Steven Odendaal 15de. In Moto3 het Darryn Binder 13de geëindig.
Die volgende wedren word op 17 Junie in Barcelona gejaag.
Klik gerus hier vir meer inligting.
Marques bly maar die beste op die beste motorfiets . Sal in elkgeval weer as die world champ gekroon word.