Moto GP: Ducati’s se groot dag in Italië

Spanje se Marc Marquez bestuur sy Honda tydens die kwalifisering vir Sondag se Moto GP by die Mugello-baan in Scarperia, Italië (2 Junie 2018). Foto: Antonio Calanni/AP

Die sesde Moto GP van die seisoen is Sondag in Italië gejaag.

Daar was 90 000 toeskouers wat die skouspel dopgehou het. Marc Marquez (Repsol Honda) was voor in die wedren met 36 punte voor sy naaste teenstander. Hy het die laaste drie wedrenne gemaklik gewen.

Dit was egter Ducati se Jorge Lorenzo en sy spanmaat, Andrea Dovizioso, wat die wedren oorheers het en eerste en tweede geëindig het.

Die huidige voorloper op die punteleer en huidige wêreldkampioen, Marques, kon net die sesde vinnigste tyd tydens kwalifisering behaal wat aan hom ʼn sesde wegspringposisie gegee het.

1Valentino ROSSIITAMovistar Yamaha MotoGPYamaha
2Jorge LORENZOSPADucati SpanDucati
3Maverick VIÑALESSPAMovistar Yamaha MotoGPYamaha
4Andrea IANNONEITASpan SUZUKI ECSTARSuzuki
5Danilo PETRUCCIITAAlma Pramac RacingDucati
6Marc MARQUEZSPARepsol Honda SpanHonda

Yamaha se Valentino Rossi van Italië tydens die kwalifisering vir Sondag se Moto GP by die Mugello-baan in Scarperia, Italië (2 Junie 2018). Foto: Antonio Calanni/AP

Met die wegspring het Marquez van die sesde na die derde plek opgeskuif. Jorge Lorenzo het die voortou op sy Ducati geneem. Andrea Dovizioso (Ducati) was tweede.

Marquez het egter op ronde vyf in draai nommer tien van die baan gegly en van derde na 18de afgeskuif. Hy het sy motorfiets met behulp van beamptes weer aan die gang gekry.

Die dag het egter aan die Ducati’s behoort. Lorenzo het sy voorsprong deurentyd vergroot met sy spanmaat Dovizioso tweede terwyl Valentino Rossi (Yamaha) en Andrea Iannone (Suzuki) sake om die derde plek uitgespook het.

Lorenzo het die wedren oor 23 rondes oorheers en gemaklik gewen met sy spanmaat, Dovizioso, tweede. Rossi het derde geëindig. Marquez het 16de oor die eindstreep gejaag.

1Jorge LORENZOSPADucati SpanDucati
2Andrea DOVIZIOSOITADucati SpanDucati
3Valentino ROSSIITAMovistar Yamaha MotoGPYamaha
4Andrea IANNONEITASpan SUZUKI ECSTARSuzuki
5Alex RINSSPASpan SUZUKI ECSTARSuzuki

Marquez (Repsol Honda) is steeds die voorloper op die punteleer met 95 punte terwyl Rossi (Yamaha) nou tweede is met 72 punte. Maverick Viñales (Movistar Yamaha) is derde met 67 en Dovizioso (Ducati) vierde met 66.

1Marc MARQUEZHondaSPA95
2Valentino ROSSIYamahaITA72
3Maverick VIÑALESYamahaSPA67
4Andrea DOVIZIOSODucatiITA66
5Johann ZARCOYamahaFRA64

In die Moto2-afdeling was Suid-Afrika se Brad Binder sesde en Steven Odendaal 15de. In Moto3 het Darryn Binder 13de geëindig.

Die volgende wedren word op 17 Junie in Barcelona gejaag.

Klik gerus hier vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Kiewiet ·

Marques bly maar die beste op die beste motorfiets . Sal in elkgeval weer as die world champ gekroon word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.