Moto GP: Marquez die een om dop te hou

Marc Marquez van Spanje vier sy oorwinning tydens die Grand Prix van die Amerikas in Austin, Texas (22 April 2018). Foto: Eric Gay/AP

Die vierde Moto GP van die seisoen word Sondag in Spanje gejaag. Marc Marquez is die jaer met die momentum wat dopgehou moet word. Marquez het juis twee weke gelede die Grand Prix van die Amerikas vir die sede keer in ʼn ry op sy Repsol Honda gewen.

Sondag se wedren word in Jerez in Spanje gejaag. Die oefenrondes vir die Moto GP, Moto2 en Moto3 begin Vrydag om 09:00 en duur tot 16:00 die middag. Die kwalifisering vir die Moto GP se wegspringrooster sal Saterdag tussen 14:00 en 15:00 plaasvind.

Dani Pedrosa (Repsol Honda), wat sy gewrig sowat ʼn maand gelede gebreek het, behoort goeie rekenskap van homself te gee nadat sy seisoen aanvanklik stadig afgeskop het. Valentino Rossi (Yamaha), wat vierde in Amerika was, sal ook op die podium wil wees om sodoende sy posisie op die punteleer te verstewig. Hy is tans algeheel sewende.

Net vyf punte skei die voorste drie renjaers op die punteleer en vier jaers blaas behoorlik in die nek van die voorloper Andrea Dovizioso (Ducati).

PosRenjaerSpanPunte
1Andrea DoviziosoDucati46
2Marc MarquezRepsol Honda45
3Maverick VinalesYamaha41
4Cal CrutchlowLCR Honda38
5Johann ZarcoTech 338

In Moto2 is Suid-Afrika se Brad Binder nou algeheel agtste en Steven Odendaal is 25ste. In Moto3 beklee Darryn Binder die 22ste plek op die punteleer.

Die wedrenne begin Sondag om 11:00 vir die Moto3-jaers, 12:20 vir die Moto2-afdeling terwyl die groot kanonne om 14:00 op die wegspringrooster sal aantree vir die Moto GP.

Klik gerus hier vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.