Suid-Afrika se Brad Binder (Red Bull KTM) het met groot opgewondenheid na die naweek uitgesien, maar dit het nie heeltemal verloop soos hy gehoop het nie.
Tog het hy gister in die Indonesiese MotoGP op die Mandalika-baan in Lombok sesde geëindig nadat hy twee keer met ʼn lang draai gestraf is nadat hy kontak met Luca Marini en later ook Miguel Oliveira gemaak het.
Binder het ondanks sy teëspoed slegs 11.228 sekondes agter Francesco Bagnaia geëindig.
Binder, ter ondersteuning van die Springbokke wat Sondagaand in die kwarteindronde van die Wêreldbeker-rugbytoernooi teen Frankryk speel, het ʼn spesiale valhelm gedra waarop “Go Bokke” in groen, goud en swart aan die agterkant pryk.
In Saterdag se blitsren is Binder in die derde ronde deur Aleix Espargaro gestamp, waarna hy geval en laaste geëindig het.
Binder, wat in Sondag se MotoGP in die vyfde wegspringposisie was, is ná slegs twee rondes die eerste keer oor die kole gehaal nadat hy Marini getref het.
???? @BradBinder_33 is ready for Sunday ???????? ???? pic.twitter.com/RCVzE345QU
— SA Rugby magazine (@SARugbymag) October 14, 2023
Binder het ná ʼn langdraai-straf tot tiende afgeskuif, maar gaandeweg sy plek oopgeveg.
Maar toe word hy weer deur die beamptes gestraf nadat hy kontak met sy oudspanmaat Oliveira gemaak het.
Die MotoGP is op dramatiese wyse deur die huidige wêreldkampioen, Francesco Bagnaia (Ducati Lenovo), gewen.
Maverick Viñales (Aprilia) was tweede, Fabio Quartararo (Monster Yamaha) derde, Fabio di Giannantonio (Gresini Ducati) vierde, Marco Bezzecchi (Mooney VR46 Ducati) vyfde en Binder sesde.
The polesitter is out! ????
Contact with @BradBinder_33 takes down @Luca_Marini_97! ????#IndonesianGP ???????? pic.twitter.com/Ay1H1rYdWq
— MotoGP™???? (@MotoGP) October 15, 2023
Bagnaia, wat in die 13de wegspringposisie was, het voor die naweek sy kampioenskap-voorsprong op die puntelys aan Jorge Martin (Pramac Ducati) afgestaan nadat dinge die afgelope maand nie voorspoedig vir hom verloop het nie.
Martin was Sondag met byna drie sekondes voor en het die Grand Prix in die sakkie gehad, maar kon dit nie toeknoop nie.
Die noodlot het toegeslaan toe hy in die 14de ronde teen alle verwagtinge in geval het nadat hy op pad was na ʼn maklike oorwinning.
Dit het die deur vir Bagnaia oopgemaak om na vore te skiet, vir Viñales in te haal en eerste te eindig.
Bagnaia (346 punte) het die puntelys-voorsprong, met vyf renne oor, weer by Martin (328) oorgeneem.
Bezzecchi (283) is derde, Binder (211) vierde, Espargaro (177) vyfde en Viñales (165) sesde.
Die volgende MotoGP is komende naweek se Australiese Grand Prix in Melbourne.
Brad face the facts mate,you aint good enough to compete.I had lots of faith in your abilities but not any more.