MotoGP: Broer maak op vir Brad se agterstand

Darryn Binder. (Foto: Twitter)

Sondagmiddag het heuglik in die Binder-huishouding in Krugersdorp afgeskop toe die jong Darryn Binder derde op die podium gestaan het ná vanjaar se eerste Moto3-ren wat in Katar beslis is.

Binder (Petronas Sprinta Racing), wat eerste weggespring het, was vir ʼn paar rondes voor, maar ná die dolle jaagtog het van die ander jaers hom ingehaal en verbygesteek.

Die wedren is deur Jaime Masia (Red Bul, KTM) gewen met Pedra Acosta (Red Bull, KTM) tweede en Binder derde.

Maar die soet is ʼn paar ure later in suur verander toe Darryn se broer Brad slegs 14de kon eindig in die MotoGP.

Die ren is deur Maverick Vilanes (Yamaha) gewen, gevolg  deur Johann Zarco (Pramac Racing), Francesco Bagnaia (Ducati), Joan Mir (Suzuki, Fabio Quartararo (Yamaha) en Alex Rins (Suzuki).

Wat redelik seker is, is dat vanjaar se renne ontsettend straf gaan wees, want daar is verskeie aanspraakmakers en die spanne het hul huiswerk behoorlik gedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Barend

Hulle kan in die volgende renne weereens verras