MotoGP: Gaan Ducati sy momentum behou?

Andrea Dovizioso. Foto: Foto: AP Photo/Antonio Calanni

Die MotoGP van Aragon (die 14de van die seisoen) word Sondag (23 September) in Spanje gejaag.

Marc Marques spog weliswaar met ʼn handige voorsprong op die punteleer, maar dit is Ducati wat in die laaste paar wedrenne die oog gevang het.

Tydens die San Marino MotoGP twee weke gelede het 96 000 toeskouers gesien hoe Ducati se Andrea Dovizioso (Ducati) eerste oor die wenstreep jaag (sy derde oorwinning van die seisoen). Jorge Lorenzo (Ducati) het met twee rondes oor geval en die tweede posisie op ʼn skinkbord aan Marc Marquez (Repsol Honda) gegee. Cal Crutchlow (LCR Honda) was derde.

Op die MotoGPpunteleer loop Marc Marques met 67 punte voor.

  1. Marc Marquez (Repsol Honda) 221
  2. Andrea Dovizioso (Ducati) 154
  3. Valentino Rossi (Movistar Yamaha) 151
  4. Jorge Lorenzo (Ducati) 130
  5. Maverick Vinales (Movistar Yamaha) 124

In die Moto2-afdeling is Suid-Afrika se Brad Binder tans 3de op die punteleer. Steven Odendaal beklee die 28ste plek.

In Moto3 is Suid-Afrika se Darryn Binder 22ste op die punteleer.

Die baan in Aragon staan bekend as MotorLand Aragón en is in 2009 gebou. Die baan is 5 077 meter lank en spog met 7 draaie na regs en 10 draaie na links. Die langste pylvak is 968 meter lank en verlede jaar is ʼn snelheid van 345,8 km/h op dié baan aangeteken.

Verlede jaar op Aragon het Marc Marques eerste geëindig met Jorge Lorenzo tweede en Dani Pedroza derde.

Die oefenrondes begin Vrydag (21 September) terwyl die kwalifisering Saterdag afgehandel sal word. Die jaers tree Sondag om 14:00 aan vir die hoofren van die dag. Voor die MotoGP-wedren word die Moto2 om 12:20 gejaag en die Moto3 om 11:00 die oggend.

Meer inligting is hier beskikbaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.