MotoGP: Marquez wys waarom hy koning kraai

Marc Marquez (Repsol Honda) saam met Alex Rins (Suzuki Ecstar) en Johann Zarco (Monster Yamaha Tech 3) (Foto: Moto GP/Twitter)

Marc Marquez (Repsol Honda) het Sondag in Maleisië sy dominansie van die Moto GP-reeks onderstreep toe hy ook dié wedren gemaklik gewen het. Dit was Marquez se sewentigste oorwinning van sy loopbaan.

Hierdie wedren was die tweede laaste wedren van die jaar en is op die Sepang-baan, naby Kuala Lumpur, gejaag. Marques is reeds vroeër die seisoen as wêreldkampioen gekroon.

Ná die kwalifiserende rondtes was Marquez sewende op die wegspringrooster. Johann Zarco het die eerste wegspringposisie beklee.

1 Johann Zarco (Monster Yamaha Tech 3) 02:12.709
2 Valentino Rossi (Movistar Yamaha) 02:13.009
3 Andrea Iannone (Suzuki Ecstar) 02:13.097
4 Andrea Dovizioso (Ducati Team) 02:13.183
5 Jack Miller (Alma Pramac Racing) 02:13.274
6 Danilo Petrucci (Alma Pramac Racing) 02:13.413
7 Marc Marquez (Repsol Honda) 02:12.161

Met die wegtrek het Rossi die voortou geneem en Marquez het verbeter na die vierde posisie nadat Andrea Iannone geval het. Ná twee rondtes was Rossi eerste, Zarco tweede en Marquez derde.

By die halfpadmerk (10 rondtes oor) was Rossi steeds voor met Marquez tweede en Zarco derde.

Met net vier rondtes oor het die voorloper, Valentino Rossi, in die draai gegly en geval wat die eerste plek op ʼn skinkbord aan Marquez gegee het.

Die uiteindelike wenner in Maleisië was Marc Marquez (Repsol Honda) met Alex Rins (Suzuki Ecstar) tweede en Johann Zarco (Monster Yamaha Tech 3) derde.

Op die jongste punteleer loop Marquez met 101 punte voor.
1 Marc Marquez (Repsol Honda) 321
2 Andrea Dovizioso (Ducati) 220
3 Valentino Rossi (Movistar Yamaha) 195
4 Maverick Vinales (Movistar Yamaha) 193

In die vervaardigersafdeling het Honda met dié oorwinning ook seker gemaak hulle word as die kampioene van 2018 gekroon.

In Moto2 het Suid-Afrika se Brad Binder (KTM) agtste oor die eindstreep gejaag terwyl sy broer, Darryn Binder, sewende was in die Moto3-afdeling.

Daar bly nou net een wedren in die Moto GP-reeks van 2018 oor. Die Spaanse Moto GP word op 18 November gejaag.

Meer inligting is hier beskikbaar

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Oom Doug ·

Go Brad Go, mooi om the sien dat Darryn stadig verbeter,
Sien uit na volgende seison en hoe die twee sal ry.

Kiewiet ·

Ag ou Pieter al het Rossi nie geval nie sou Marques hom in elk geval verby gegaan het om die wedren te wen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.