MotoGP: Reën steek stok in speek in Spanje

Andrea Dovizioso (Ducati) van Italië jaag op die nat baan tydens die Moto GP van Valencia Sondag op die Ricardo Tormo baan in Spanje. Foto: Alberto Saiz/AP

Die Moto GP van Valencia (die laaste wedren in vanjaar se reeks) is Sondag op die Ricardo Tormo baan in Spanje afgehandel.

Die wedren is in nat omstandighede beslis en moes ná 13 rondes gestaak word as gevolg van swaar reën. Die wedren is later weer oor 14 rondes gejaag en die uiteindelike wenner was Andrea Dovizioso (Ducati) met Alex Rins (Suzuki) tweede.

Tydens die kwalifisering het Maverick Vinales (Yamaha) die beste gevaar en die eerste wegspringposisie ingeneem.

  1. Maverick Vinales (Yamaha) 1 min 31.312 sek
  2. Alex Rins (Suzuki) 0,068
  3. Andrea Dovizioso (Ducati) 0,080
  4. Danilo Petrucci (Ducati Pramac) 0,102
  5. Marc Marquez (Honda) 0,130
  6. Pol Espargaro (KTM) 0,265

Marc Marquez (Repsol Honda) van Spanje in aksie tydens die Moto GP van Valencia Sondag op die Ricardo Tormo baan in Spanje. Foto: Alberto Saiz/AP

Marc Marquez het met ʼn skouerbesering gesukkel en vyfde weggetrek. Sondag se wedren was ook die laaste een in die roemryke loopbaan van Dani Pedrosa (Repsol Honda). Pedrosa het die wêreldkampioenskap drie keer gewen.

Die wêreldkampioen, Marc Marquez (Repsol Honda), het vroeg in die wedren geval en sy wedren was iets van die verlede. Dani Pedrosa, het in sy laaste wedren vyfde oor die eindstreep gejaag.

Met die wegtrek het Alex Rins die beste gevaar en gou die voortou geneem. Met 18 rondes oor was daar reeds ses jaers uit die wedren.

Met 13 rondes oor is die rooi vlag as gevolg van die weersomstandighede vertoon wat die einde van die wedren beteken het. Omdat ʼn driekwart van die wedren nie voltooi is nie moes die wedren oor begin. In daardie stadium het Alex Rins (Suzuki),  Andrea Dovizioso (Ducati)  en Valentino Rossi (Movistar Yamaha) die pas aangegee.

Andrea Dovizioso (Ducati) van Italië neem die voortou tydens die Moto GP van Valencia Sondag op die Ricardo Tormo baan in Spanje. Foto: Alberto Saiz/AP

Uiteindelik het Dovizioso eerste oor die wenstreep gejaag met Alex Rins tweede.

Op die finale punteleer het Marquez met 76 punte voor sy naaste teenstander geëindig.

1 Marc Marquez (Repsol Honda) 321
2 Andrea Dovizioso (Ducati) 245
3 Valentino Rossi (Movistar Yamaha) 198
4 Maverick Vinales (Movistar Yamaha) 193

In die Moto2-afdeling kon Brad Binder net 22 rondes voltooi. Binder sluit daarmee die seisoen in die derde plek af.

Marc Marquez (Repsol Honda) van Spanje strek sy arms nadat hy van sy motorfiets afgeval het tydens die Moto GP van Valencia Sondag op die Ricardo Tormo baan in Spanje. Foto: Alberto Saiz/AP

1 Francesco Bagnaia (Kalex) 306
2 Miguel Oliveira (KTM) 297
3 Brad Binder (KTM) 201

In die Moto3-wedren het Darryn Binder 19de geëindig.

Klik hier vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Daan Erasmus ·

Die Baan opsieners (stewards) moet ‘n Rooikaart kry. Die wedren moes nooit toegelaat word om so vêr in chaos te verval voor daar ‘n rooi vlag gewys is. Dit was nie in belang van enige iemand dat chaos hoogty gevier het nie. Beslis nie die manier om ‘n jaar af te sluit nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.