Motorfietsrenne: Binder-broers jaag weer van agter af

Foto: Brad Binder/Instagram

Brad Binder (KTM) se droewige wegspringplekke in MotoGP duur voort wanneer hy later vandag (21:00 SA tyd) in Austin, Texas, in die 11de plek wegspring. Sy broer, Darren (Honda), is slegter af en sal in die 17de wegspringplek in die Moto3-ren wees.

Die Italianer Francesco Bagnaia (Ducati) spring in die voorste plek weg in die MotoGP-ren. Langs hom in die voorste ry is die Fransman Fabio Quartararo (Yamaha) en Marc Marquez van Spanje op sy Honda.

Quartararo is die voorloper in die wêreldkampioenskap – 48 punte voor Bagnaia. Brad Binder is in die sesde plek – 110 punte agter Quartararo.

In die Moto3-afdeling is Darryn Binder in die sewende plek in die wêreldkampioenskap – 96 punte agter die voorloper Pedro Acosta (KTM) van Spanje. Acosta spring vanaand in die 15de plek weg. Sy spanmaat Jaume Masia spring in die voorste plek weg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.