Dis Verstappen, Red Bull se dag

Wêreldkampioen Max Verstappen (Red Bull) het die Emilia Romagna Grand Prix by Imola in Italië op ʼn drafstap gewen (Foto: ESPN F1, Twitter)

Wêreldkampioen Max Verstappen (Red Bull) het die Emilia Romagna Grand Prix by Imola in Italië op ʼn drafstap gewen. Hy het ook in die voorste plek weggespring.

Dit was Red Bull se dag met Verstappen se spanmaat, Sergio Perez, in die tweede plek. Lando Norris in sy McLaren was derde en die voorloper in die bestuurderskampioenskap, Charles Leclerc (Ferrari), was sesde.

Dit was Verstappen se tweede oorwinning van die seisoen nadat hy in Saoedi-Arabië gewen het.

Sewemalige wêreldkampioen Lewis Hamilton (Mercedes) het weer teleurgestel. Hy was in die dertiende plek met sy spanmaat George Russell vierde.

By die Portugese MotoGP-wedren het die huidige kampioen Fabio Quartararo (Yamaha) sy probleme van vroeër in die seisoen opgelos en maklik gewen. Sy Franse landgenoot Johann Zarco (Pramac Ducati) was 5 sekondes agter hom in die tweede plek en die Spanjaard Aleix Espargaro was derde op sy Aprilia.

Dit was Quartararo se eerste oorwinning sedert die Britse Grand Prix in Augustus verlede jaar. Hy is nou weer die voorloper op die punteleer.

Die Suid-Afrikaner Darryn Binder (Yamaha) was in die 17de plek. Sy broer, Brad (KTM), het nie die wedren voltooi nie. Brad is nou in die sewende plek op die punteleer.

Die volgende wedren is die Spaanse Grand Prix op 1 Mei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Frans ·

Nie ‘n goeie dag vir Ferrari nie en het Hamilton weereens bewys dat sonder ‘n wenmotor hy ook nog net ‘n renjaer is,Die motor kan nie sou slegs wees as sy spanmaat soveel beter vaar,Hoop Red bull kan op die vertoning voortboiu.

Vonkprop ·

Stem 100% saam. Lewis was goed as gevolg van sy kar. As hy regtig talent gehad het sou hy beter gevaar het. Perez en Verstappen is meeste van die tyd bymekaar wat wys hulle is albei talentvolle jaers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.