Motorsport: Dis weer Ferrari se dag

Ferrari se Charles Leclerc. Foto: Con Chronis/AFP.

Charles Leclerc (Ferrari) het die Australiese Grand Prix op ʼn drafstap gewen. Hy was meer as 20 sekondes voor Sergio Perez (Red Bull) en George Russell (Mercedes).

Lewis Hamilton (Mercedes) het in die vierde plek klaargemaak. Die McLarens van Lando Norris en Daniel Riccardo was vyfde en sesde.

Dit was weer ʼn rampspoedige dag vir wêreldkampioen Max Verstappen. Hy het in die 40ste van 58 rondes parkeerplek langs die baan gesoek weens meganiese probleme.

Leclerc het nou ʼn voorsprong van 34 punte in die bestuurderskampioenskap. Russell is in die tweede plek en Carlos Sainz (Ferrari) is derde. Hamilton is in die vyfde plek, drie punte voor Verstappen in die sesde plek.

Die volgende wedren is die Italiaanse Grand Prix op 24 April. Die Italianers kan vir seker nie wag om die Ferrari’s daar voor te sien jaag nie.

By die MotoGP-kwalifisering vir die Grand Prix van die Amerikas in Texas, is die vyf motorfietse wat later vandag voor wegspring almal Ducati’s.

Die Spanjaard Jorge Martin spring in die voorste plek weg gevolg deur Jack Miller, Francesco Bagnaia. Johann Zarco en Enea Bastianini.

Die Suid-Afrikaner Brad Binder (KTM) spring in die 17de plek weg en sy broer, Darryn, is in die laaste wegspringplek (24ste) met sy Yamaha.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Twallie ·

Baie jammer oor Max en RB se probleme. Dis sleg as jou span jou kniehalter met ‘n foutiewe motor.

Maar dis goed om Ferrari weer voor te sien.

Spearhead ·

Geluk Leclrec en Ferrari. Dis hoogtyd dat Ferrari weer na vore tree na jare se gemiddelde vertonings.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.