Murray te sterk vir Wawrinka in Cincinnati

Andy Murray vier sy oorwinning. Foto: Dylan Buell/Getty Images/AFP.

Dit het Andy Murray meer as twee ure geneem om Stan Wawrinka in hul openingswedstryd van die Western & Southern-ope in Cincinnati te klop.

Die 35-jarige Skot het uiteindelik die wedstryd met 7-6, 5-7 en 7-5 gewen. Dit was sy 13de oorwinning in 22 wedstryde teen die Switserse speler.

“Ek is moeg,” het Murray na afloop van die wedstryd gesê.

“Ek het weer met krampe gedurende die wedstryd gesukkel en dit is beslis iets waarna ek sal moet kyk. Veral die laaste pot van die beslissende stel was ’n opdraande stryd; ek het net aanhou probeer om ’n gaping in Stan se mondering te kry.”

Hy sal in die volgende ronde teen Cameron Norrie te staan kom.

Dan het Frances Tiafoe, wat deur Wayne Ferreira afgerig word, vir ’n opskudding gesorg toe hy met Italië se Matteo Berrettini afgereken het. Die eindtelling was 7-6, 4-6 en 7-6 in die Amerikaner se guns.

  • Uitslae:

Marin Cilic klop Jaume Munar met 6-3 en 6-3

John Isner klop Benjamin Bonzi met 7-6, 3-6 en 7-6

Andy Murray klop Stan Wawrinka met 7-6, 5-7 en 7-5

Cameron Norrie klop Holger Rune met 7-6, 4-6 en 6-4

Roberto Bautista Agut klop Francisco Cerundolo met 6-7, 6-4 en 6-2

Diego Schwartzman klop Alex Molcan met 5-7, 6-4 en 6-2

Denis Shapovalov klop Gregor Dimitrov met 7-6 en 6-3

Frances Tiafoe klop Matteo Berrettini met 7-6, 4-6 en 7-6

Amanda Anisimova klop Daria Kasatkina met 6-4 en 6-4

Ekaterina Alexandrova klop Leylah Fernandez met 6-4 en 7-5.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.