’n Ridder in sy blitsige Mercedes-renmotor?

Lewis Hamilton. (Foto: Bryn Lennon, Pool via AP)

Ná die afgelope Sondag se F1-aksie in Turkye het Lewis Hamilton sy sewende wêreldtitel ingeoes – ’n prestasie wat hom titelgewys gelyk met die legendariese Michael Schumacher plaas.

Nou het sommige Britse parlementslede gevra dat die 35-jarige tot ridder geslaan moet word.

Volgens die BBC het sir Jeffrey Donaldson, die voorsitter van die All-Party Parliamentary Group on Formula 1, gesê dat die tyd reg is om so iets te doen.

“Ons steun die beweging dat Lewis Hamilton nasionale erkenning vir sy ongelooflike sportprestasies moet ontvang. Te midde van sy wonderlike jaar glo ons dat dit die regte tyd is om dit te doen,” het Donaldson gesê.

In ’n brief aan die Britse eerste minister Boris Johnson het die groep geskryf dat Hamilton een van die Verenigde Koninkryk se sterre is.

Hul aanbeveling word deur David Richards, die voorsitter van Motorsport UK, gesteun.

“Vir baie jare was Brittanje ’n krag in die F1-wêreld – veral wat tegnici en bestuurders betref. Maar nou kan ons een van die beste renjaers in die sport se geskiedenis vier en daar is geen beter manier om dit te doen as om Hamilton tot ridder te slaan nie,” het Richards gesê.

Selfs sir Jackie Stewart – met wie Hamilton al vantevore swaarde gekruis het – het gesê dat die Mercedes-renjaer dit ongetwyfeld verdien.

“Hy is nou een van die wêreld se voorste sportmanne en die feit dat hy ’n Brit is, tel baie in sy guns,” het Stewart gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Sarel ·

Die ouens met Groot Koppe val gewoonlik hard wanneer hulle val.

Andries ·

Hy kon gerus maar die politiek gelos het tot nadat hy sleutels opgehang het. Nooit sou mens dink politiek kan motorsport ook onsmaaklik maak nie.

koos10 ·

Ek verstaan nie die “hype” oor die ridder nie, maar dis seker ‘n goeie tradisie in Engeland.

Annakapat ·

Ten minste word daar erkenning gegee aan landsburgers vir hul prestasies – by ons… not so much!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.