Neem deel aan die virtuele Wonder Woman Run

Neem deel aan die Wonder Woman-padwedloop op Nasionale Vrouedag, 9 Augustus 2020, en wys dat jy ook omgee vir vroue! Die wedloop is die tweede in die splinternuwe Justice League Virtuele Wedloopreeks! Dit gaan pret wees, dit gaan opwindend wees en dit is vir ’n goeie doel! Neem deel, waar jy ook al bly!

Nasionale Vrouedag is ‘n openbare vakansiedag wat vroue se prestasies landwyd vier en mense herinner aan die groot bydrae van vroue in Suid-Afrika. Internasionale Vrouedag word sedert die vroeë 1900’s wêreldwyd gevier, nie net om op die prestasies van vroue te fokus nie, maar ook om te veg vir gelyke regte vir vroue. Op dié dag vier ons alle aspekte van vrouwees en wil ons hulde bring aan vroue, ongeag hul klas of ras. Vroue is ons helde omdat hulle oral ’n groot verskil maak. Vroue het deur die jare bewys dat hulle sterk is en enigiets kan bemeester. Dit is dus nie sonder rede nie dat die Wonder Woman-wedloop, die tweede wedloop in die Justice League Virtuele Wedloopreeks, juis op hierdie dag plaasvind!

Een van die redes waarom Wonder Woman so ‘n gewilde Superheld is, is omdat sy ander vroue motiveer en bemagtig. Sy gebruik woorde en gesegdes wat vroue laat voel asof hulle enigiets kan vermag! Wat kan meer betekenisvol wees as om dié wedloop op Vrouedag te hardloop, ongeag jou geslag?

Deelnemers gaan op die dag hul Wonder Woman T-hemp aan trek en om 08:00 die oggend by hulle voorhek of voordeur uithardloop. Elke deelnemer gaan op hulle eie ’n roete van hul keuse aanpak en voltooi. Hoewel daar nie groot groepe saam gaan hardloop nie en nie een van die Covid-19-beperkings oortree gaan word nie, gaan daar tog derduisende mense op dieselfde tyd in die strate van die hele land hardloop – almal om Vrouedag te vier! Hoe indrukwekkend gaan dit nie wees nie? Dit is gewis ’n eerste! Moenie die kans misloop om deel te wees van dié unieke gebeure nie!

“Ek veg vir die wat nie vir hulself kan veg nie,” sê Wonder Woman, omdat sy regtig vir mense omgee wat hulp nodig het. Jy kan dit ook doen deur deel te neem aan die Wonder Woman-wedloop. Waarom? Omdat jy nie net vir die regte van vroue gaan hardloop nie maar ook om behoeftige kinders te help. Deelname aan hierdie virtuele wedlope verseker finansiële bydraes aan begunstigdes soos Headstart Kids (wat spesiale kospakkies aan kinders van 6 maande tot 5 jaar voorsien). Verligting sal gegee word aan mense in nood. Hoe meer inskrywings, hoe meer voedselpakkies en etes kan ons aan behoeftiges versprei. Die wedloop gaan dus nie net groot pret wees nie, maar ook van groot betekenis wees. Hoe meer mense inskryf en deelneem, hoe meer voedingryke kospakkies kry behoeftige kinders!

Suid-Afrika is die eerste land in die wêreld wat die Justice League Virtuele Wedloopreeks aanbied – en die Wonder Woman-wedloop is die tweede in ’n reeks van vyf – elkeen met sy eie karakter en betekenis. Al die wedlope word ten bate van behoeftige kinders aangebied. Skryf in en neem deel aan die wedloop! Beter nog, doen die hele reeks! Jy gaan dit geniet, dit is gesond en prettig en dit is vir ’n goeie saak!

Die 2020 Justice League Virtuele Wedloop-reeks word op die volgende datums aangebied: 
Sondag, 19 Julie: Superman-wedloop
Sondag, 9 Augustus: Wonder Woman-wedloop
Sondag, 6 September: Aquaman-wedloop
Sondag, 4 October: Batman-wedloop
Sondag, 8 November: The Flash-wedloop

Volg die Justice League Virtual Run Series:
Facebook & Instagram: @JLRunseries 
#JLRunSeries20 #VirtualHeroes

Besoek die webwerf om in te skryf:
www.justiceleagueseries.co.za

Hierdie plasing is deur ʼn onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Ander sport

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae