Netbalgroep vir Malawi-wedstryde gekies

Lenize Potgieter in aksie vroeër teen Engeland. (AP Photo/Rui Vieira)

Dorette Badenhorst, die Protea-netbalafrigter, het haar voorlopige groep van 30 spelers aangekondig vir die komende reeks teen Malawi in Rustenburg.

Die groep sal op 22 November na ’n oefenkamp by Sun City vertrek, waarna die reeks van drie wedstryde op 26 November sal begin. As ’n span het die Proteas laas in Januarie teen internasionale teenstanders gespeel.

Badenhorst en haar keurderspan het spelers beloon wat goed in die afgelope Telkom-liga vertoon het. Maar tussendeur die nuwelinge kan ervare spelers soos Bongi Msomi, Karla Pretorius, Shadine van der Merwe en Lenize Potgieter na alle waarskynlikheid weer die sleutel tot die span se sukses wees.

“Ons is dankbaar vir die geleentheid om vanjaar internasionale wedstryde te speel. Om teen ’n Afrika-land te speel is nooit maklik nie, maar dit is ’n lekker uitdaging vir die spelers en ons sien uit na ’n geleentheid om die span te bou,” het Badenhorst gesê.

Die Proteas het die Malawiërs verlede jaar tydens die Afrika-netbalbeker met 56 – 51 geklop.

  • Die groep van 30 spelers:

Verdedigers: Phumza Maweni, Karla Pretorius, Nozipho Ntshangase, Nicola Smith, Shadine van der Merwe, Monique Reyneke, Ané Retief, Pamela Chukwu, Fezeka Sondzaba en Bongise Wete.

Middelbaan: Izette Griesel, Bongiwe Msomi, Romé Joubert, Khanyisa Chawane, Marlize de Bruin, Lungile Mthembu, Shannen Bartlett, Tshina Mdau, Sne Mdletshe en Precious Mthembu.

Doelspelers: Lefébre Rademan, Kamogelo Maseko, Nichole Taljaard, Nomfundo Mngomezulu, Renske Stoltz, Sigi Burger, Nonsikelelo Mazibuko, Elmeré van der Merg, Ine-Mari Venter en Lenize Potgieter.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

JohanR ·

Is daar nou genoeg wit spelers in die 30? Julle wil nie teen Malawi probleeme he met te min wit spelers op die baan nie! Ek het altyd gedink as jy ‘n span op die veld stuur dan is elke persoon die beste wat daar is, en nie die beste vel kleur wat daar is. Hansie Cronje het gese “you pick you best available team for EVERY game!”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.