Netbaloefengroep maak solank litte los vir Engelse

Lenize Potgieter in aksie vroeër teen Engeland. (AP Photo/Rui Vieira)

Vyftien netbalspelers sal die Protea-oefenkamp bywoon vir die toetsreeks teen Engeland later vandeesmaand in Kaapstad.

Dit is nog nie die finale span vir die reeks nie, maar sterre soos Lenize Potgieter en Bongi Msomi sal die oefenkamp bywoon.

Die Proteas het vroeër vanjaar goed teen die Engelse Rose gedurende ’n vierhoekige reeks in Liverpool, sowel as die Wêreldbekertoernooi in dieselfde stad, vertoon.

Die Proteas is vroeër by die SA Sport-toekenningsaand as die land se Span van die jaar aangewys.

In ’n boodskap aan die span se vorige afrigters, Norma Plummer en Nicole Cusack, het die president van Netbal SA, Cecilia Molokwane, dié duo vir hul harde werk bedank.

“Hierdie trofee is vir julle! Wat julle gedurende die afgelope vier jaar bereik het, is net plein ongelooflik. Netbal SA sal julle vir altyd onthou, sowel as die verandering wat julle in die Protea-kamp bewerkstellig het,” het Molokwane gesê.

Die oefengroep vir die komende Engeland-toer: Ine-Mari Venter, Lenize Potgieter, Renske Stoltz, Lefébre Rademan, Sigi Burger, Bongi Msomi, Izette Griesel, Rome Dreyer, Khanyisa Chawane, Kgomotso Itlhabanyeng, Phumza Maweni, Shadine van der Merwe, Zanele Vimbela, Monique Reyneke, Precious Mthembun.

Die wedstryde is van 29 November tot 1 Desember in Bellville.

Bepalings:

29 November om 19:00

30 November om 15:00

1 Desember om 13:00

  • Kaartjies is by Computicket beskikbaar teen R50 per skoolleerling en R100 per volwassene. Naweekpakkette is ook beskikbaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

LOL ·

Voorspoed met die reeks. Ons gaan Norma Plummer mis. Die fluisterbroek sal mooi lyk in Faf-kleure.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.