Nog ’n epiese dag vir plaaslike ryers

Die derde skof van die Absa Cape Epic het in die omgewing van Greyton plaasgevind. Foto: Twitter.

Die derde Absa Cape Epic-skof was ’n taai affêre in die omgewing van Greyton. Deelnemers het omtrent stof opgeskop om die roete van 101 km te tem.

In die vroueafdeling het twee Suid-Afrikaners – Candice Lill en Mariske Strauss van die Faces Rolla-span – met die skoflouere weggestap.

Veral Lill het met ’n sterk eindpoging vorendag gekom en die Suid-Afrikaners het hul aanslag perfek bereken om die skof in ’n tyd van 04:50:35 te wen.

Onder die mans was Duitsland se Georg Egger en Lukas Baum die sterkste deelnemers, gevolg deur Suid-Afrika se Matthew Beers en die VSA se Christopher Blevins.

  • Uitslae van Skof III:

Mans:

  1. Speed Company Racing: Georg Egger (Duitsland) en Lukas Baum (Duitsland).
  2. Toyota NinetyOne Specialized: Matthew Beers (Suid-Afrika) en Christopher Blevins (VSA).
  3. Canyon Northwava MTB: Andreas Seewald (Duitsland) en Martin Stosek (Tsjeggiese Republiek).
  4. Wilier-Pirelli: Fabian Rabensteiner (Italië) en Wout Alleman (België).
  5. Bulls: Urs Huber (Switserland) en Simon Schneller (Duitsland).
  6. Imbuko: Pieter du Toit (Suid-Afrika) en Marco Joubert (Suid-Afrika).

Vroue:

  1. Faces Rolla: Candice Lill (Suid-Afrika) en Mariske Strauss (Suid-Afrika).
  2. NinetyOne Songo Specialized: Haley Batten (VSA) en Sofia Villafane (Argentinië).
  3. Private Client Holdings: Mari Rabie (Suid-Afrika) en Hayley Preen (Suid-Afrika).
  4. BMC MTB Racing: Pauline Ferrand-Prevot (Frankryk) en Robyn de Groot (Suid-Afrika).
  5. Symbtech ZA: Ariane Luthi (Switserland) en Amy Wakefield (Suid-Afrika).
  6. Liv Racing: Serena Gordon (VSA) en Crystal Anthony (VSA).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

annie ·

… Met pragtige foto’s daarvan. Ons het so ‘n mooi land. Skilderagtig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.