Nog ʼn hartseer einde vir Nadal

Rafael Nadal. Foto: (AP Photo/Andy Brownbill)

Rafael Nadal moes Woensdag die knie buig voor Dominic Thiem van Oostenryk.

Die wêreld se voorste speler het met 7-6 (3), 7-6 (4), 4-6, 7-6 (6) verloor in die kwarteindronde.

Nadal het vir die grootste deel van die wedstryd ʼn smaak gekry van die fisieke tennis wat hy gewoonlik speel. En uiteindelik was sy poging iets van die verlede om Roger Federer se rekord van 20 Grand Slam-titels te ewenaar deur die Australiese Ope te wen.

Dominic Thiem. Foto: (AP Photo/Andy Brownbill)

Die eerste twee stelle was opvallend soortgelyk. Die eerste stel het 67 minute geduur, die tweede 69 minute. Nadal het telkens eerste deurgebreek maar hierna het hy die foute begin inryg.

Die vyfde gekeurde Thiem het die wedstryd na vier uur en tien minute beklink.

“Hy is een van die grootstes van alle tye, een van dié sport se grootste legendes,” het Thiem oor Nadal gesê.

Rafael Nadal en Dominic Thiem. Foto: (AP Photo/Andy Wong)

Dit was ook in die Australiese Ope in 2018 dat Nadal in die kwarteindronde uitgeskakel is terwyl hy in 2019 in die eindstryd teen Novak Djokovic verloor het.

Dit is die eerste keer dat die 26-jarige Thiem na die halfeindstryd van ʼn Slam deurdring en hy sal teen die Duitser Alexander Zverev te staan kom. Dit is ook die 22-jarige Zverev se eerste Slam-halfeindstryd.

Die sewende gekeurde Zverev het Stan Wawrinka met 1-6, 6-3, 6-4, 6-2 geklop om na die volgende ronde deur te dring.

Alexander Zverev. Foto: (AP Photo/Andy Brownbill)

“Dit is die eerste keer dat ek in ʼn Slam-halfeindstryd speel en ek is die ouer speler,” het Thiem gespot.

Nadal was vol lof vir Thiem. “Hy het met die regte vasbeslotenheid gespeel.”

Nadal sal binnekort na Suid-Afrika vertrek om op 7 Februarie in ’n liefdadigheidswedstryd teen Roger Federer in Kaapstad te speel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Kobus

Dankie tog,nou hoef ek nie meer na sy gekreun te luister en na oorwinnings danse te kyk nie.