Nog ʼn SA’ner deur by Wimbledon

Raven Klaasen en sy dubbelspelmaat Michael Venus. Foto: Tennis SA/Twitter/ANA

Suid-Afrika se Raven Klaasen en sy dubbelspelmaat Michael Venus van Nieu-Seeland het na die halfeindstryd van die Wimbledon-dubbelspel vir mans deurgedring.

Die 13de gekeurde dubbelspelpaar het die Brit Jamie Murray en Bruno Soares van Brasilië met 6-7(5) 7-6(5), 5-7, 7-6(4) en 6-4 geklop tydens ʼn marathonstryd van 4 uur en 15 minute.

Hulle kom in Donderdag se halfeindstryd teen die Deen Frederik Nielsen en die Brit Joe Salisbury te staan.

Klaassen en Nielsen het in September verlede jaar ook teen mekaar te staan gekom en het Klaassen en Ruan Oelofse vir Nielsen en Thomas Kromann met 6-3, 6-0, 6-4 verslaan. Die hoofbaan se dak is na die vierde stel toegemaak weens die swak lig.

“Nadat ons die wedstrydpunte gehad het, was dit amper moeiliker om die wedstryd uit te speel. Daar was ‘n bietjie senuwees en ons het nie die spel gespeel wat ons wou speel nie,” het Venus gesê. “Maar ons het ‘n goeie wedstryd op 5-4 gespeel en dit afgehandel.”

Die seëvierende duo het hul ervaring op die hoofbaan geniet.

“Ek het gedink dis ongelooflik,” het Venus gesê. “Om net deur die tonnel te loop en verby die mense te gaan, was so lekker. Om net daar te wees, rond te kyk en alles in te neem … dit was alles wat ek ooit gedink het dit sal wees.”

Venus het verlede jaar die Franse Ope-dubbelspel saam met die Amerikaner Ryan Harrison gewen. Klaasen het nog nie ʼn Major-titel gewen nie maar dit sal sy tweede verskyning in ʼn Wimbledon-halfeindstryd wees.

Suid-Afrika se Kevin Anderson kom Woensdag teen die Wimbledon-kampioen Roger Federer in die halfeindronde te staan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.