Nóg ’n trofee wink vir Rafa

Rafael Nadal is deur na die eindstryd van die Indian Wells-toernoooi. Foto: Twitter.

Carlos Alcaraz mag dalk die kroonprins van Spaanse tennis wees, maar Rafael Nadal is ongetwyfeld steeds die koning.

Die 35-jarige speler het sy 20ste wedstryd op ’n streep gewen toe hy sy landgenoot met 6-4, 4-6 en 6-3 in die halfeindstryd van die Indian Wells-toernooi in Kalifornië geklop het.

Hy speel nou môre in die eindstryd teen Taylor Fritz in die eindstryd waar hy sal poog om sy vierde trofee van die jaar te wen.

Die 18-jarige Alcaraz het egter nie dinge vir hom maklik gemaak nie; enige wedstryd wat langer as drie uur aanhou dui normaalweg op ’n taai stryd.

’n Sterk wind het ook tot die drama bygedra en kommentators het in ’n stadium die net tussen die twee spelers met die wapperende seil van ’n galeiskip vergelyk.

“Ek is ongelooflik gelukkig om in die eindstryd te wees. Dit beteken vir my baie en ek sal aanhou om my beste te gee,” het die Spaanse held gesê.

“Carlos is reeds ’n gevestigde topspeler en ek het die wedstryd met die nodige respek benader. Hy is wonderlike mens en speler met ’n baie blink toekoms wat op hom wag.”

As Nadal die komende eindstryd wen sal hy en Novak Djokovic met die meeste ATP 1000-titels in die geskiedenis van die spel sorg; 37 ATP-titels en 21 Grand Slam-seges is beslis ’n getuigskrif om op trots te wees.

  • Fritz het vir Andrey Rublev met 7-5 en 6-4 in die ander halfeindstryd geklop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.