Novak pronk weer in New York

Novak Djokovic. (Foto: Twitter/ATP Tour)

Novak Djokovic het sy eerste Amerikaanse Ope-wedstryd in twee jaar op ʼn drafstap gewen toe hy vir Alexandre Muller met 6-0, 6-2 en 6-3 geklop het.

Die Serwiër se inentingstatus het beteken dat hy laas in 2021 by die toernooi kon afslaan. Hy het toe teen Daniil Medvedev in die eindstryd verloor, maar die Amerikaanse regering het intussen sy Covid-19-regulasies verslap en hy het 32 wenhoue teen sy Franse teenstander geslaan.

“Ek het ʼn uitstekende aanloop tot die wedstryd geniet. Ons het weliswaar nou laat afgeslaan, maar ek was baie opgewonde om op die baan te stap. Dit is nou ʼn paar jaar sedert ek laas hier gespeel het, maar dit is altyd ʼn groot voorreg om op die Arthur Ashe-baan in aksie te wees,” het Djokovic gesê.

Met oudpres. Barack Obama wat die wedstryd vanuit sy pawiljoensitplek dophou, het die wenner van 23 Grand Slam-titels die eerste agt potte van die kragmeting gewen en ʼn duidelike boodskap aan sy teenstanders uitgestuur: Hy het ongetwyfeld sy 24ste groot titel in die visier.

“Ek dink ek kon beter in die tweede en derde stel gespeel het. Ek moes harder vir my punte werk, maar ek is tevrede met die ingesteldheid waarmee ek die wedstryd benader het.”

Stefanos Tsitsipas, Taylor Fritz, Frances Tiafoe, Iga Swiatek en Victoria Azarenka is ook deur na die volgende ronde.

Uitslae:

Novak Djokovic klop Alexandre Muller met 6-0, 6-2 en 6-3

Stefanos Tsitsipas klop Milos Raonic met 6-2, 6-3 en 6-4

Mackenzie McDonald klop Felix Auger-Aliassime met 7-6, 4-6, 6-1 en 6-4

Tommy Paul klop Stefano Travaglia met 6-2, 6-3, 4-6 en 6-1

Taylor Fritz klop Steve Johnson met 6-2, 6-1 en 6-2

Frances Tiafoe klop Learner Tien met 6-2, 7-5 en 6-1

Casper Ruud klop Emilio Nava met 7-6, 3-6, 6-4 en 7-6

Roberto Carballes klop Holger Rune met 6-3, 4-6, 6-3 en 6-2

Alejandro Davidovich Fokina klop Marcos Giron met 6-4, 6-4 en 6-2

Dominic Thiem klop Alexander Bublik met 6-3, 6-2 en 6-4

Danielle Collins klop Linda Fruhvirtova met 6-2 en 6-0

Beatriz Haddad Maia klop Sloane Stephens met 6-2, 5-7 en 6-4

Iga Swiatek klop Rebecca Peterson met 6-0 en 6-1

Rebeka Masarova klop Maria Sakkari met 6-4 en 6-4

Karolina Muchova klop Storm Sanders met 6-4 en 6-0

Victoria Azarenka klop Fiona Ferro met 6-1 en 6-2.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.