Novak se naam op Indian Wells-lys

Serwië se Novak Djokovic. Foto: Joe Klamar/AFP.

Verskeie van wêreldtennis se grootste sterre sal in Maart deel van die aksie by die Indian Wells-toernooi in Kalifornië wees.

En lewensgroot tussen spelers soos Emma Raducanu, Rafael Nadal en Daniil Medvedev pryk die naam van die wêreld se voorste manstennisspeler: Novak Djokovic.

Maar op dieselfde persverklaring wat die 34-jarige Serwiër se moontlike deelname bevestig, staan daar in vet letters geskryf dat ’n bewys van inenting ’n vereiste is om in die toernooi af te slaan.

“Die gesondheid en veiligheid van alle belanghebbendes is die toernooi se topprioriteit en daarom sal ’n bewys van inenting ’n vereiste wees om vir die Indian Wells-toernooi in te skryf,” het organiseerders gesê.

Djokovic se droom om sy 21ste Grand Slam- en tiende Australiese Ope-titel in Melbourne te wen is juis vroeër in die wiele gery toe sy inentingstatus onder meer gesorg het dat hy uit die land gedeporteer is.

Hy het al vantevore in onderhoude die hoop uitgespreek dat ’n inenting nie verpligtend vir spelers word nie en dat hulle die vryheid gegun moet word om die keuse vir hulself te maak.

“Ek wil nie gebrandmerk word as iemand wat vir of teen die entstof is nie en ek vra dat almal dit moet respekteer,” het Djokovic destyds gesê.

Tog meen Daniel Muksch, Djokovic se biograaf, dat Rafael Nadal se sege in Australië dalk vir Djokovic van weerstandsdeuntjie sal laat verander.

“Nadal se 21ste Grand Slam-titel sal hom ongetwyfeld aanspoor om nog toernooie te wen. Ek dink hy sal ingeënt word,” het Muksch gesê.

Djokovic is binnekort in Dubai in aksie.

’n Bewys van inenting is nie ’n vereiste om die Verenigde Arabiese Emirate te besoek nie; ’n land waar 100% van sy inwoners al ten minste een inentingsdosis ontvang het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Martin ·

Dit gaan my verstand te bowe dat hulle die spelers wil verplig om te ent. My redenasie is dat as ‘n speler ingeënt is hy nogsteeds die virus kan opdoen en versprei, of verstaan ek iets verkeerd ? Maw al die spelers wat bewys toon van inenting kan soos die wat nie kan nie nogsteeds die virus opdoen en versprei. Hoekom is die vereistes nie net dat as jy die land binne gaan jy ‘n Covid toets moet doen nie. Ek myself is ingeënt, maar glo dat dit nie afdwingbaar moet wees nie.

piet ·

Kanse is skraler dat ‘n ingeente persoon die virus gaan versprei of siek word van die virus omdat hy immuniteit verkry na inenting. Dieselfde geld vir mense wat reeds “natuurlike” immuniteit opgedoen het (in welke geval so ‘n persoon toegelaat behoort te word as hy die nodige mediese toetsresultaat vooraf kan verskaf). Gaan oor risikobeheer.

Anna-Marie ·

Die kanse om die virus oor te dra is selfs nog skraler (lees onmoontlik) as die persoon nie siek is nie en nie positief toets nie. Soos jy sê dit gaan oor risiko bestuur (of dit is veronderstel om daaroor te gaan) so hoekom nie ander maatreëls wat risiko’s verminder / effektief geen risiko’s dra nie, gebruik nie. Dit is hierdie vaksiene en net vaksiene oplossing en verpligting wat mense vies maak en bewys lewer dat dit nie werklik oor risiko bestuur gaan nie, maar oor iets anders. ????

Amelia ·

Nou maar Djokovic het mos natuurlike immuniteit – dit is dan waaroor die hele debakel in Australië gegaan het.

George ·

Wonder of Novax die keer eerlik op dokumentasie gaan wees, of weer lieg.

Anel ·

Staan sterk en gaan speel net in lande wat nie die spuit verplig nie. Hoekom ‘n gesonde mens moet laat spuit met iets wst jou dalk kan siek of doodmaak gaan my verstand te bowe.

George ·

Bewyse asb Anel? Ek soek nadoodse ondersoek dokumente wat se, Pieter is dood agv die vaccine. Sy grootste probleem in Oz was omdat hy op n amptelike dokument gelieg het, hy het onwettig die land probeer ingaan, toe hy hanteer word soos enige iemand anders toe huil hy harder.

Thom ·

Hou op om mediese inligting in ” die sterre voorspel ” te probeer kry .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.