Nuwe Bafana Bafana-breier aangewys

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (Safa) het Donderdag Bafana Bafana se nuwe breier aangewys.

“Supersport United FC en Safa het ooreengekom dat Stuart Baxter vir Bafana Bafana beskikbaar gemaak sal word aan die einde van die huidige PSL-seisoen,” het Safa in ‘n verklaring gesê.

Dit sal die tweede keer wees dat Baxter dié span afrig.

“Ons is bly ons kon uiteindelik ‘n ooreenkoms met Supersport United bereik rakende Baxter. Safa glo dat hy oor die nodige vaardighede beskik om die moeilike kwalifikasiepad vir die Afrikanasies-beker en die FIFA-wêreldbeker te volg. Ons bedank Supersport United vir hul steun, ” het Dennis Mumble, uitvoerende hoof van Safa, gesê.

Baxter vervang Shakes Mashaba wat reeds verlede jaar die trekpas gekry het as afrigter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.