“Supersport United FC en Safa het ooreengekom dat Stuart Baxter vir Bafana Bafana beskikbaar gemaak sal word aan die einde van die huidige PSL-seisoen,” het Safa in ‘n verklaring gesê.
Dit sal die tweede keer wees dat Baxter dié span afrig.
“Ons is bly ons kon uiteindelik ‘n ooreenkoms met Supersport United bereik rakende Baxter. Safa glo dat hy oor die nodige vaardighede beskik om die moeilike kwalifikasiepad vir die Afrikanasies-beker en die FIFA-wêreldbeker te volg. Ons bedank Supersport United vir hul steun, ” het Dennis Mumble, uitvoerende hoof van Safa, gesê.
Baxter vervang Shakes Mashaba wat reeds verlede jaar die trekpas gekry het as afrigter.