Nuwe kampioen word in Netbal-premierliga gekroon

ʼn Nuwe kampioen sal Sondag in Bloemfontein na sewe weke se gehalte-netbal in die Netbal-premierliga gekroon word.

Suid-Gauteng se Fireballs  en die Wes-Kaap se Stings het die naweek hulle halfeindstryde gewen en sluit aan by die Noord-Gautengse Jaguars en die Noord-Wes Flames vir die halfeindstryde. Laasgenoemde twee spanne het outomaties vir die halfeind gekwalifiseer nadat hulle die eerste twee plekke op die rondomtalie-puntelys beklee het.

Die Vrystaatse Crinums, wat die afgelope drie jaar sedert die toernooi se aanvang die wenners van die Netbal-premierliga was, kon Vrydagaand nie die mas opkom teen die Stings nie.

Die Stings het met ʼn oorwinning van 52-42 hulle plek in die halfeind verseker.

Die Fireballs het ʼn veel makliker  wedstryd teen die Oos-Kaapse Aloes gehad en hulle met 68-24 geklop.

♦  Saterdag het die Aloes en die Crinums om die vyfde en sesde plekke uitgespeel en die Crinums het die wedstryd maklik met 77-29 gewen om die vyfde plek in te neem.

Die Noord-Kaap se Diamonds, die Mpumalanga Sunbirds, die KZN Kingdom Stars en die Limpopo Baobabs het Saterdag en Sondag om die onderste vier plekke uitgespeel.

Saterdag het die Stars die Diamonds met 66-26 geklop en in ʼn baie spannende wedstryd het die Baobabs met 50-47 teen die Sunbirds gewen.

Sondag se wedstryd om die sewende en agste plekke te bepaal is met 55-40 deur die  Kingdom Stars teen die Baobabs gewen.

In die uitspeel om die negende en tiende plekke was  die Sunbirds met 4916 teen die Diamonds baas.

Bepalings vir die agste en laaste ronde –

Saterdag
16:00 – Eerste halfeind: Jaguars teen Fireballs
18:00 – Tweede halfeind: Flames teen Stings

Sondag
10:30 – Verloorders – uitspeel vir derde en vierde plekke
12:30 – Eindwedstryd – wenners van halfeindstryde.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.