NWU-Pukke loop breëbors met drie Varsitytitels

Wihan Lubbe (krieketkaptein), Chanté Bester (netbalkaptein), prof. Fika Janse van Rensburg (kampusrektor van die NWU-Pukke) en Jeandré Rudolph (rugbykaptein). Foto: NWU-Pukke/Facebook

Wihan Lubbe (krieketkaptein), Chanté Bester (netbalkaptein), prof. Fika Janse van Rensburg (kampusrektor van die NWU-Pukke) en Jeandré Rudolph (rugbykaptein). Foto: NWU-Pukke/Facebook

Drie Varsitybekers het nou staanplek by die NWU-Pukke.

Dié sonderlinge prestasie is te danke aan die rugby-, krieket- en netbalspanne wat almal die afgelope jaar die Varsitybekers in hulle onderskeie sportsoorte verower het.

Die kriekettitel is die jongste toevoeging. Dit het gekom nadat Wihan Lubbe, kaptein van die NWU-Pukke se krieketspan, en sy troepe Saterdagaand die Universiteit van Pretoria (Tuks) se oorheersing van die titel na twee jaar verbreek het deur hulle op Senwespark met vier paaltjies te klop.

Chanté Bester, kaptein van die netbalspan, en haar span het die einste Tuks verlede jaar in die Pretorianers se agterplaas bloedneus gegee om die titel te behou wat hulle in 2015 verower het.

Die Varsitybeker-rugbyspan het in 2016 die titel verower wat hulle vir twee jaar ontwyk het toe hulle in eindstryde vasgeval het.

Hulle harte (en duisende toeskouers s’n) is in 2014 gebreek toe die Universiteit van Kaapstad in die doodsnikke van die eindstryd die wedstryd beklink het.

Die volgende jaar was die NWU-Pukke weer in die eindstryd, net om op Shimlapark in Bloemfontein deurmekaar gehardloop te word deur die Universiteit van die Vrystaat.

In 2016 het Jeandré Rudolph en sy troepe die titel Potchefstroom toe gebring deur die Universiteit Stellenbosch op die Danie Craven-stadion diep in beseringstyd te klop.

♦  Rudolph-hulle se aanslag op die verdediging van hulle titel het reeds begin. Hulle is na twee rondes in die 2017-Varsitybekerreeks steeds onoorwonne.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Pikkie ·

Ek wens hulle was trots op akademiese prestasie ook en het presteerders daarin ook so vereer, maar nee, vandat hulle vir CHO uitgehaal het het hulle die sportgod ingebring. Sport het die Afrikaner vernietig.

JC ·

So waar wat julle se Pikkie en Slimkop. So waar!!
Miskien bietjie minder “sport”, en meer kultuur?

Slimkop ·

JC, as daar meer balans was sou die puk soveel beter wees maar die aandag en beurse gaan aan die sportpresteerders. Ons presteerders op ander gebiede moes maar tevrede wees met klein beursies of ons moes maar self betaal terwyl die sport mense soos konings betaal word. Ongelukkig is sport maar iets wat soos mis kwyn na paar jaar, daardie mense het net tydelik n lekker lewe en skep net ligte vermaak, terwyl ons land eerder mense nodig het wat vaste werk skep.

Slimkop ·

As hulle bietjie met akademiese presteerders ook so gespog het sou ons nasie nou baier sterker gewees het en nie soos vloerlappe uitgevee gewees het uit die werksplek en die land nie.

Paul dB ·

Man, weet jy, indi3n jy minder twak met negetiewe kommentaar kweit raak en meer na die posetiewe in die lewe kyk sal die land sommer baie beter plek wees. Die een stel prestasies negeer nie noodwendig die ander nie. Hierdie berig is gerig op die besonderre sport prestasie wat al drie hierdie “groot” sportsoorte insluit. Indien jy werklik omgee, is jy welkom om meer oor die Pukke se akkedemie uit te Vind deur op hulle webwerf te gaan rondkrap. Onthou ook net dat daar weinig, Indien enige, soortgeleike toekennings vir akkedemiese prestasie uitgegee word. Dus is die akkedemiese prestasies heelwwat minder maklik om netso te beoordeel. Ek wil afsluit om daarop te wys dat die Puk die afgelope paar jaar een van die vinnig groeiende universiteite in Sa is. Ek sou dink dat mens in elkgeval die sport prestasie in die posetiewe lig moet sien wat dit is en nie Altyd goeie dinge met negatiewiteit probeer verderf nie. Meer posetiewiteit is wat ons as volk nou benodig….

Slimkop ·

Paul, ek hoef nie op hulle webwerf te gaan kyk nie, ek het vir baie jare self daar studeer. En Jy is heeltemal reg met jou stelling dat daar weinig toekennings vir akademiese prestasie is, veral wat wys uitbassuin word, dis reeds my oorspronklike punt. Die puk is n sportakademie en akademie n bysaak. Slimmes kry baie beter erkenning elders. Die puk groei maar net omdat hulle demografies… jy weet wat ek wil sê, maar nie agv akademie nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.