Olimpiese Spele: Barty, Murray uit enkelspel

Australië se Ashleigh Barty in haar wedstryd teen Spanje se Sara Sorribes Tormo tydens die Olimpiese Spele in Tokio (25 Julie 2021) (Foto: Tiziana Fabi/AFP)

Die tennistoernooi by die Olimpiese Spele het reeds twee groot name wat uitgeval het. Ashleigh Barty, Wimbledon-kampioen en die voorste vrouespeler in die wêreld, het in die eerste rondte 6-4 en 6-3 verloor teen die Spanjaard, Sara Sorribes Tormo. In die mansafdeling sal Andy Murray nie in die enkelspel in aksie wees nie weens ʼn spierbesering. Hy sal wel aan die dubbelspel deelneem.

Barty se vertrek verstewig die tweede gekeurde Naomi Osaka se kanse om die eerste Olimpiese kampioen van Japan te wees. Sy het haar openingswedstryd 6-1 en 6-4 gewen teen China se Zheng Saisai. Osaka speel teen Viktorija Golubic in die rondte van 32.

In die mansenkelspel het een van die medaljegunstelinge, Alexander Zverev, 6-1 en 6-3 met Yen-Hsun Lu van Tapei afgereken.

Gholf: Die Amerikaner Bryson DeChambeau het aan die Spele onttrek. Hy het positief getoets vir Covid-19 voordat hy van Amerika na Japan vertrek het. Hy word vervang deur Patrick Reed.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.