Olimpiese Spele: Manshokkiespan verbrou voorsprong

Suid-Afrika se Nicholas Balfour Spooner (L) en Nederland se Severiano Boris van Ass tydens die Olimpiese Spele in Tokio (25 Julie 2021) (Foto: Ina Fassbender/AFP)

Die Suid-Afrikaanse manshokkiespan het ʼn voorsprong van 3-0 teen Nederland opgebou voordat die Europese kampioene teruggeveg het.

Mustaphaa Cassiem, Dayaan Cassiem en Tevin Kok het Suid-Afrika se doele aangeteken, maar daarna het Nederland die inisiatief oorgeneem.

Mirco Pruyser, Thijs van Dam, Thierry Brinkman, Mink van der Weerden en Mirco Pruyser het vir Nederland doele aangeteken om die wedstryd 5-3 te beklink.

Die Suid-Afrikaners is ná twee wedstryde 5de uit die ses spanne in Groep B. Hulle volgende wedstryd is Dinsdag om 11:30 Suid-Afrikaanse tyd teen België.

Die vrouespan speel Maandagoggend 11:30 Suid-Afrikaanse tyd teen Brittanje. Die Suid-Afrikaners het hulle eerste wedstryd 2-0 teen Ierland verloor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.