Olimpiese Spele: Moolman eindig 13de, Rahm onttrek ook

Suid-Afrika se Ashleigh Moolman-Pasio tydens die Rio 2016- Olimpiese Spele (10 Augustus 2016) (Foto: Adrian Dennis/AFP)

Suid-Afrika se Ashleigh Moolman-Pasio het in die dertiende plek klaargemaak in die vroue-padwedren. Sy was in die 10de plek in Rio de Janeiro in 2016.

Carla Oberholzer was in die voorste wegbreekgroep, maar het ná 75 km tou opgegooi.

Anna Kiesehofer van Oostenryk het die goue medalje gewen met Annemiek van Vleuten van Nederland in die tweede plek. Longo Borghini Flag van Italië het haar tweede bronsmedalje gewen.

In gholfnuus het die Spele nog ʼn groot naam verloor. Nadat die Amerikaner Bryson DeChambeau onttrek het weens ʼn positiewe toetsuitslag vir Covid-19, moes die wêreld se voorste speler, Jon Rahm van Spanje ook onttrek.

Dit was sy tweede positiewe toetsuitslag in twee maande. Covid-19 het al vir heelwat drama vir Rahm gesorg. Hy moes in Junie op die laaste dag uit die Memorial-toernooi onttrek weens ʼn positiewe toets. Hy was ses houe voor sy teenstanders.

Daarna het hy die Amerikaanse Ope op Torrey Pines op merkwaardige wyse gewen met voëltjies op die laaste twee putjies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.