Olimpiese Spele: Schoenmaker sorg vir opwinding

Suid-Afrika se Tatjana Schoenmaker reageer ná sy ʼn Olimpiese rekord verbeter het in die 100 m-borsslag vir vroue tydens die Olimpiese Spele in Tokio (25 Julie 2021) (Foto: Attila Kisbenedek/AFP)

Daar was uiteindelik rede vir opwinding in die Suid-Afrikaanse Olimpiese span.

Swemmer Tatjana Schoenmaker het haar uitdun in die 100 m-borsslag maklik in ʼn Olimpiese rekordtyd van 1:04.82 gewen. Haar gunsteling is eintlik die 200 m-borsslag.

Schoenmaker het vir die halfeindronde gekwalifiseer met die vinnigste tyd van al die swemmers. Die halfeindronde vind Maandagoggend omstreeks 03:50 Suid-Afrikaanse tyd plaas.

Pieter Coetzee was laaste in sy uitdun in die 100 m-rugslag.

Suid-Afrika se ander medalje-staatmaker Chad le Clos swem Maandagmiddag omstreeks 12:30 Suid-Afrikaanse tyd saam met Ethan du Preez in die uitdunne van die 200 m-vlinderslag.

Rebecca Meder is ook Maandag in die uitdunne van die 200 m- individuele wisselslag in aksie (12:38 Suid-Afrikaanse tyd).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Pim

Fantasties!

Gabriel Hoffman

Wat is ou rekord tyd?