Olimpiese Spele: Zverev wen goud op ʼn drafstap

Alexander Zverev was Sondag oorstelp van vreugde nadat hy ‘n goue medalje by die Olimpiese Spele in Tokio gewen het. (Foto: Tiziana FABI / AFP)

Alexander Zverev van Duitsland het die goue medalje by die Olimpiese Spele gewen deur die Rus Karen Khachanov in skoon stelle te klop. Hy word die eerste boorling van sy land om ʼn goue medalje te wen sedert Boris Becker en Michael Stich die mansdubbelspel in 1992 gewen het. Steffi Graf het in 1988 Duitsland se eerste goue medalje in die enkelspel gewen.

Die vierde gekeurde Zverev, wat Novak Dkokovic se goue droom in die halfeindronde beëindig het, het die wedstryd totaal oorheers en 6-3 en 6-1 met die Rus klaargespeel.

Zverev kon nog nie een van die Grand Slams wen nie. Die naaste wat hy daaraan gekom het, is toe hy ʼn voorsprong van twee stelle teen Dominic Thiem in verlede jaar se eindstryd van die Amerikaanse Ope verbrou het.

Die 24-jarige Zverev kan wel nou sy goue medalje voeg by die ATP-jaareindtoernooi wat hy in 2018 gewen het asook vier Meesterstoernooi-titels.

In die vrouedubbelspel het Barbora Krejcikova en Katerina Siniakova van die Tsjeggiese Republiek dié land se eerste goue medalje in tennis gewen.

Die Franse Ope-kampioene en topgekeurdes het Belinda Bencic en Viktorija Golubic van Switserland met 7-5, 6-1 geklop. Bencic het die goue medalje in die vroue-enkelspel gewen.

Die Tsjegge het in hulle vorige twee wedstryde beslissende valbylpotte nodig gehad om te wen, maar in die eindstryd het hulle ná die eerste tel die oorhand gekry.

Dit is ʼn goeie spele vir die Tsjeggiese Republiek en Switserland se tennisspelers. Die Tsjeg Marketa Vondrousova het die silwermedalje in die vroue-enkelspel gewen het. Bencic het goud gewen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.