Paralimpiese heldin beëindig lewe met genadedood

Marieke Vervoort. (AP Photo/Leo Correa, File.)

Die Belgiese Paralimpiese atleet, Marieke Vervoort, het al in onderhoude gesê dat sy nie wil ly wanneer die dood aan haar deur kom klop nie. Sy het toe reeds die nodige dokumente vir genadedood onderteken en was bereid om haar lewe te beëindig.

Sy het vroeër die week gedoen wat sy beloof het en die stadsowerhede in Diest, België, het haar dood bevestig.

Die 40-jarige Vervoort het goue en silwer medaljes vir haar rolstoelresies-heldedade by die Paralimpiese Spele gewen.

In een van haar onderhoude by die Spele in Rio de Janeiro het sy vertel hoe dit is om met ʼn ongeneeslike degeneratiewe spinale siekte te leef.

Sy het gesê sy kon sommige aande net vir 10 minute slaap en dat die pyn soms onuithoudbaar geword het. Sport was haar rede om te lewe.

“Dit is net té kwaai op my liggaam,” het sy in 2016 gesê. “Ek verkeer in ongelooflike pyn met elke oefensessie. Tog druk ek myself om my beste te lewer met elke oefensessie en met elke wedren. Om iewers deel te neem, is soos medisyne vir my. Ek dink ek druk myself só hard sodat ek letterlik al my vrese kan wegstoot.”

Sy het haar laaste dag saam met vriende en familie deurgebring, terwyl sy selfs ’n glas vonkelwyn geniet het.

Huldeblyke het van oor België ingestroom, met selfs die koninklike familie wat hulde aan Vervoort gebring het.

“Marieke ‘Wielemie’ Vervoort was so taai soos ’n ratel en terselfdertyd ’n regte dame. Haar lewe het almal aangeraak,” het haar familie in ’n verklaring gesê.

Sy was ’n kampvegter vir ’n persoon se reg om op genadedood te besluit; iets wat wettig in België is.

“Ek is regtig bang, maar daardie dokumente het my die nodige rustigheid gegee. Ek dink as ek dit nie gehad het nie, sou ek lankal selfmoord gepleeg het. Ek hoop dat almal sal insien dat genadedood nie moord is nie, maar dit sorg dat mense langer lewe, juis omdat hulle soveel kalmer is.”

Sy het ook aan epilepsie gely en het tydens een aanval kookwater op haarself gemors toe sy pasta vir aandete gemaak het. Sy was maande lank in die hospitaal.

Haar Labrador, Zenn, het haar begin waarsku wanneer sy aanvalle sou kry, haar help inkopies dra en selfs haar sokkies uit haar laaikas begin haal.

“Zenn het my begin waarsku vóór ek ’n aanval sou kry. Ek weet nie hoe sy dit kon aanvoel nie.”

Volgens Vervoort wil sy onthou word as iemand wat altyd geglimlag het. “Ek voel nou anders oor die dood as ’n paar jaar gelede. Vir my is die dood soos ’n operasie … jy raak aan die slaap, maar word net nooit weer wakker nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

29 Kommentare

jongste oudste gewildste
Maria

Ek verstaan jou leiding….kry skoon hoendervleis deur jou dapperhied en uithouvermoe. Ek so trots op jou pretasie. My sport ook my lewe dit maak my sterk vir hoog ouderdom om my pyn te kan verminder deur ou beseering dit werk so n bom.

Elma

Dit is tyd dat dit wettig in Suid Afrika verklaar word.

Batman

Stem saam amper alles anders is wettig nou

Hanna

Ek weef dis moeilik vir mense wat in erge pyn toestande leef. En ja, ek sal seker met klippe gestenig word hier, maar selfdood is steeds teenstrydig met God se 10 gebooie.

Gertryda

RIV net sy weet hoeveel pyn sy moes verduur. Ek glo in genade dood , hoop dit kom SA toe