Premier-netballiga se half- en kwarteindspanne bepaal

Die laaste van die groepwedstryde van Brutal Fruit se Premier-netballiga die naweek in Bloemfontein was bepalend vir die rondomtalie-puntelys en daarmee ook vir watter spanne vir die halfeind- en kwarteindwedstryde kwalifiseer.

Die Noord-Gautengse Jaguars het met 16 ligapunte eerste geëindig. Die Flames is tweede, ook met 16 punte, maar die Jaguars het ʼn veel beter doeleverskil gehandhaaf.

Hierdie twee spanne gaan outomaties deur na die halfeindronde. Hulle het volgende naweek ʼn loslootjie terwyl die ander spanne sake verder moet uitspook.

Die Fireballs (3rde) en die Stings (4de) het albei op 14 punte geëindig en sal Vrydag teen onderskeidelik die Aloes (6de, 8 punte) en die Crinums (5de, 10 punte) moet uitspeel vir die twee oorblywende plekke in die halfeindronde.

Die ander spanne speel Saterdag en Sondag uit om hulle finale posisies te bepaal terwyl Vrydag se verloorders sake Saterdag om die vyfde en sesde plekke sal uitspook.

Bepalings vir aanstaande naweek –

Vrydag:
M1: Fireballs (3) vs Aloes (6), 18:00;
M2: Stings (4) vs Crinums (5), 20:00
Saterdag:
M3: Stars (7) vs Diamonds (10), 14:00;
M4: Baobabs (8) vs Sunbirds (9), 16:00
Verloorder M1 vs Verloorder M2 (uitspeel vir 5de/6de plek) 18:00
Sondag:
Wenner M3 vs Wenner M4 (uitspeel vir 7de/8ste plek), 10:30
Verloorder M3 vs Verloorder M4 (uitspeel vir 9de/10de plek), 12:30

Die afgelope naweek se uitslae –

Vrydag: Crinums 76 Diamonds 11, Kingdom Stars 44 Sunbirds 36
Saterdag:  Stings 64 Sunbirds 25, Kingdom Stars 67 Diamonds 30, Jaguars 56 Fireballs 49
Sondag: Aloes 51 Baobabs 44, Flames 49 Stings 44

 

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Nico K ·

Wil julle nie asb vir ons wat niks weet aandui wie is die “Stings” en die “Fireballs” ens.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.