Premierliga se top-vier spook dit uit om netbalkroon

Die Netbal-premierliga se hoogtepunt word Sondag ná sewe weke bereik wanneer die eindwedstryd in Bloemfontein gespeel word.

Maar eers moet daar Saterdag twee halfeindwedstryde gespeel word, wat self vir twee goeie kragmetings sal sorg.

Die Noord-Gautengse Jaguars speel om 15:45 teen die Southern Stings van die Wes-Kaap en om 17:45 speel die Flames van Noordwes teen hulle buurmanne, die Suid-Gautengse Golden Fireballs.

Sondag sal die twee verloorspanne uitspeel om derde en vierde plekke en die wenners sal teen mekaar kragte meet om die kampioenspan van die vierde Netbal-premierliga te bepaal.

Hierdie twee wedstryde vind Sondag onderskeidelik om 10:00 en 12:15 plaas. Al die naweek se wedstryde word direk op SuperSport gebeeldsend.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.