Protea-netbalspan in halfeindstryd

Lenize Potgieter is as die speler van die wedstryd teen Uganda aangewys Foto: Nigel French/PA via AP.

Die Protea-netbalspan het gisteraand in Liverpool vir Uganda met 67-40 geklop om hul plek in die Wêreldbekertoernooi se halfeindstryd te bespreek.

Dit sou altyd ’n taai wedstryd gewees het – die Proteas is vyfde op die wêreldranglys en die vroue van Uganda is sesde in die wêreld gekeur.

Die oorwinning van 27 punte sorg dat die Proteas saam met Engeland, Australië en Nieu-Seeland in die laaste vier is. En om ding nóg meer interessant te maak, het Spar beloof om die span met ’n bonustjek van R1 miljoen te beloon indien hulle met die silwerware huiswaarts keer. Terselfdertyd het Telkom gesê dat elke speler R1 miljoen in haar sak sal steek as die span die goue medalje wen.

Gisteraand het Norma Plummer se span ’n gemaklike voorsprong van 31 – 23 geniet, maar Uganda het goed teruggeveg om die voorsprong na 35 -30 te laat krimp.

Die Suid-Afrikaners het egter uitstekend geëindig en hulle het die laaste twee kwarte op ’n drafstap met 15 – 10 en 21 – 7 gewen.

“Ons het geweet Uganda gaan tawwe teenstand bied – hulle speel altyd op hul beste teen ons. Dit was gisteraand beslis nie maklik nie, maar ’n goeie begin en ’n goeie einde het gesorg dat ons die wa deur die drif trek,” het Karla Pretorius (verdediger) gesê.

Hoewel Suid-Afrika gedurende die 1995-toernooi in die tweede plek klaargemaak het, het die formaat van die kompetisie só gedurende die jare verander dat hulle nog nooit van tevore in ’n halfeindstryd gespeel het nie.

Die Proteas speel vanaand om 21:00 teen ’n onoorwonne Engeland-span om te bepaal wie die groep sal wen. Hulle sal dan óf teen Australië, óf teen Nieu-Seeland in die halfeindstryd speel.

  • Hoe dit in die kwarteindrondes teen Uganda gegaan het:
  • Eerste kwart: Suid-Afrika 19 – 10 Uganda
  • Tweede kwart: Suid-Afrika 12 -13 Uganda
  • Derde kwart: Suid-Afrika 15 – 10 Uganda
  • Vierde kwart: Suid-Afrika 21 – 7 Uganda
  • Lenize Potgieter is as die speler van die wedstryd aangewys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Dell ·

Baie geluk dames! Julle vaar uitstekend en ons hoop die ekstra beloftes gemaak sal julle begeester. Jammer julle kry nie 10% van die publisiteit wat ander sportsoorte geniet nie. Maar dit is mos hoe dit van skool af geleer word. Baie sterkte met julle wedstryd vanaand.

kolla ·

Goeie kans om die eindstryd te haal as dit Engeland is. Engeland nie so goed soos Aus en NZ nie.

Bloudrom ·

Dink julle nie hulle is bietjie kaal aangetrek nie? Om die tempel van die Here so te ontheilig! Hulle kan mos in sweetpakke speel.

Bees Bloemfontein ·

En ons meisies is sexy!!!! Bring die cup huis toe

Valerie ·

Bloudrom, asseblief; jy is so “ignorant” soos kan kom. Hulle speel nie albasters nie. As jou gedagtes vuil is, moet dit nie op die talentvolle Protea-netbalspan uithaal nie.

Genieve ·

Hulle speel uitstekend maar hulle kan nie di bal teen Australie so in die kring rond gooi nie doel met die beste en volg jou balle op..asb proteas maak ons trots tot dusver was die bo julle verwagtinge… Weldone.

Sandra ·

Wat word van die opponent wat op ons doelskieter gespoeg het?

pvr ·

Geluk!! beter as Krieket spelers!!
SJOE Telkom het baie geld????

Madelein ·

Baie geluk!!!! Mis definitief nie vanaand se wedstrydnie!!!

Thelma ·

Hierdie dames vaal nie om ons trots te maak nie, elke wedstryd is aksie belaai. Dit sal ‘n sonde wees om nie hulle dissipline te komplimenteer nie, as ek kyk hoe hulle behandel word soms deur die opponente, ek let op veral in die derde kwart, hulle hou hulle kalm en speel uitstekend.

Ek wil eger noem dat Telkom se aanbod nie te versmaai is nie, ek voel dit onregverdig is dat Bafana Bafana R350k kry as hulle in ‘n halfeindstryd is, dan is dit nie eens wereldbeker nie. Om hulle slegs iets aan te bied sou hulle goud of silver vat, is vir my onregverdig. Waar hulle nou is verdien hulle beslis iets.

Nietemin, Proteas, ons is bankvas agter julle. Baie sterkte.

Beesblaas ·

Bloudrom, wat gaan aan met jou? Jy bad seker ook met jou klere aan! Skaam jou oor die snert wat jy praat!
Goed so dames! Dit is wat gebeur as n span op meriete en nie op ras gekies word nie! Norma jy is n yster vrou!

Muffin ·

Hi Bloudrom. Hulle speel pragtig en speel vanaand 9uur teen Engeland.
Iets se vir my jy is baie oud en hoop jy slaap al.

Andreas ·

Ek lees elders hulle sê die Proteas het dit vir ‘Madiba’ gedoen.

Valerie ·

Ek volg hierdie netbalspan al van van Dyk se tyd af; hulle lewer altyd hul beste ten spyte van aanmerkings, en eie onkostes en borge wat hulle nie kry nie maar wat hulle verdien. Fantasties!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.