Protea-netbalspan vanaand teen Engelse Rose

Die Protea-netbalspan in aksie teen Jamaica. Foto: Facebook.

Die Protea-netbalspan speel vanaand om 22:00 hul tweede wedstryd in die Vitality vierhoekige reeks teen Engeland in Birmingham.

Die Suid-Afrikaners het Sondag hul openingswedstryd teen Jamaika met 59 – 54 verloor. Die Wes-Indiese meisies het veral in die derde kwart amok gemaak en 16 doele teenoor die Proteas se nege aangeteken.

Hoewel Bongi Msomi se span goed in die vierde kwart terugbaklei het deur 17 doele teenoor die 10 van Jamaika te gooi, was die koeël reeds deur die kerk.

“Ek dink ons moet met groter selfvertroue speel, veral in die derde kwart,” het die span se afrigter, Dorette Badenhorst, gesê.

“Ons kon baie beter teen Jamaika gespeel het en ons het baie werk wat nou op ons wag. Ek is egter daarvan oortuig dat ons nog kan terugbaklei. Dit is nog nie te laat nie en ons kan dalk selfs nog in Sondag se eindstryd speel.”

  • Opbreek van die kwarttellings teen Jamaika:

Eerste kwart: 17 – 12 vir Jamaika

Tweede kwart: 33 – 28 vir Jamaika

Derde kwart: 49 – 37 vir Jamaika

Vierde kwart: 59 – 54 vir Jamaika

  • Die Suid-Afrikaanse groep vir die reeks: Ine-Mari Venter, Lenize Potgieter, Lefébre Rademan, Sigi Burger, Bongi Msomi, Izette Griesel, Romé Dreyer, Khanyisa Chawane, Phumza Maweni, Shadine van der Merwe, Zanele Vimbela en Karla Pretorius.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.