Proteas klop ruwe Uganda ná huiwerige begin

Argieffoto

Argieffoto

Die Proteas het Maandagaand in die tweede ronde van die Diamant-uitdaagtoernooi by die Westville-kampus van UKZN ná ʼn huiwerige begin die vloer met Uganda gevee, en die SA Presidentspan het ewe oortuigend met Zimbabwe afgereken.

Dit het gelyk of Uganda se ruwe spel die Proteas aanvanklik ietwat ontsenu het, maar hulle kon met die streng optrede van die skeidsregters gou weer hulle voete vind. Die telling ná die eerste kwart was 12-8 in die Proteas se guns.

In die tweede kwart het die Proteas hulle eie telling verdubbel en Uganda het net sewe doele bygekry. Die Ugandese span het beter by die internasionale skeidsregters se vereistes aangepas en al minder obstruksie en kontak gepleeg.

Die Proteas het in die derde kwart die wedstryd beheer en die Ugandese het heeltemal teruggesak. Hulle fiksheid was moontlik die probleem.

Die telling aan die begin van die laaste kwart was 41-20. Suid-Afrika het die wedstryd 59-27 gewen. Die span se doelpersentasie was 89% teenoor dié van Uganda wat 79% was.

♦  In die tweede wedstryd het die Presidentspan en Zimbabwe albei beter as in hulle openingswedstryde Sondag vertoon. Ná die eerste kwart was Zimbabwe 12-11 voor.

Hulle is soos Sondag weer kwaai gestraf vir kontak- en obstruksiefoute. Die Presidentspan is dikwels onkant betrap deur die vinnige bonsballe en minder hoë balle wat die Zimbabwiese speelstyl kenmerk. Ná die tweede kwart was die Presidentspan voor (28-20) en daarna het hulle die wedstryd oorheers en oortuigend 57-32 gewen.

Die span se afrigter, Dorette Badenhorst, het al die spelers in die groep ʼn kans op die baan gegee sodat sy verskillende kombinasies kon uittoets. Daar was veral haakplekke met die voer van die bal na die doele. Die doelpersentasie van die Presidentspan was 76% en dié van Zimbabwe 78%.

♦  Dinsdag is dit krag teen krag. Die twee Suid-Afrikaanse spanne speel teen mekaar en Zimbabwe en Uganda sal kragte meet. Albei wedstryde behoort interessant en mededingend te wees.

♦   In die laaste ligawedstryd in die Varsitynetbal- reeks het Tuks met die jong span wat vir die kragmeting gekies is, met ʼn allemintige 91-24 teen VUT gewen wat al sewe sy wedstryde, met ʼn gemiddeld van 47 doele, verloor het.

UJ het 69-26 teen die Ikeys gewen.

Dié twee wedstryde in die Rembrandtsaal in Pretoria het geen invloed op die ligaposisies gehad nie.

Die finale puntelys –
(speel, wen, gelykop, verloor, doeleverskil, bonuspunte, ligapunte)

netbal-grafiek

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.