Proteas oorrompel Zimbabwe; vandag wag Kenia

Lefébre Rademan is een van die Protea-sterre in Windhoek. Foto: Twitter.

Die Protea-netbalspan het hul Afrikabeker op ’n wennoot begin toe hulle vir Zimbabwe met 78 – 27 in Windhoek geklop het.

Die Suid-Afrikaners het reeds vyf keer met die louere in die reeks weggestap: In 1995, 1999, 2010, 2013 en 2019 en Dorette Badenhorst-hulle is oorgehaal om vir die sesde keer die silwerware omhoog te hou.

“Die Afrikabeker is ’n wonderlike geleentheid om weer saam in ’n wedstrydsituasie te wees. Die wêreldwye Covid-19-pandemie het ons geleer om aanpasbaar te wees en selfs al is ’n paar van ons spelers onbeskikbaar, wil ons afrigterspan elke geleentheid gebruik om aan ons diepte te bou en om meer spelers blootstelling op hierdie vlak te gee,” het Badenhorst (afrigter) gesê.

Bongi Msomi se span speel vandag teen Kenia, maar die groot toets wag Vrydag teen Malawi en Maandag teen Uganda.

Dié twee lande is onderskeidelik sesde en sewende op die wêreldranglys.

Proteas: Phumza Maweni, Simone Rabie, Monique Reyneke, Jamie van Wyk, Khanyisa Chawane, Izette Griesel, Bongi Msomi (kaptein), Refiloe Nketsa, Jessica du Plessis, Lefébre Rademan, Elmeré van der Berg en Ine-Mari Venter.

Bepalings:

10 November teen Kenia om 13:00

11 November teen Tanzanië om 11:00

12 November teen Malawi om 09:00

13 November teen Botswana om 11:00

14 November teen Zambië om 17:00

15 November teen Uganda om 13:00

16 November teen Namibië om 09:00

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.