Proteas te sterk vir Malawi

Die Proteas is nog onoorwonne by die Afrikanetbalbeker in Windhoek. Foto: Twitter

Die lede van die Protea-netbalspan het pas met een van hul sterkste teenstanders by die Afrikabekertoernooi, Malawi, afgereken. Die eindtelling was 56–39 in die Suid-Afrikaners se guns.

Bongi Msomi se span is tans nog onoorwonne in die kompetisie nadat die spelers ook vroeër met Zimbabwe (78–27), Kenia (67–25) en Tanzanië (79–22) klaargespeel het.

Die Suid-Afrikaners het reeds 280 doele in vier wedstryde aangeteken, terwyl hulle slegs 113 afgestaan het. Hulle speel die naweek teen Botswana en Zambië, terwyl nog ’n groot toets Maandag teen Uganda wag.

Die Proteas het reeds vyf keer vantevore met die louere in die reeks weggestap: in 1995, 1999, 2010, 2013 en 2019. Dorette Badenhorst-hulle is oorgehaal om vir die sesde keer die silwerware omhoog te hou.

Protea-span teen Malawi: Ine-Mari Venter, Lefébre Rademan, Bongi Msomi, Izette Griesel, Monique Reyneke, Jamie van Wyk en Phumza Maweni. Op die plaasvervangersbank was Elmeré van der Berg, Jessica du Plessis, Refiloe Nketsa, Khanyisa Chawane en Simoné Rabie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Nelius ·

Pragtig dames, gaan vir goud, silwer en brons! Trots op julle!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.