Red Bull net té goed en té vinnig

Red Bull het vir die vyfde keer in sy geskiedenis die F1-vervaardigerstitel in die sakkie. Foto: Twitter.

Brian Tyler, die komponis van F1 se temalied, het ook onder meer aan die klankbane van Iron Man en Avengers gewerk.

En ná gister se heldedade in die Amerikaanse Grand Prix verdien Super Max Verstappen en sy Red Bull-span waarskynlik ook hul eie temaliedjie.

Die 25-jarige Verstappen het sy 13de wedren van die seisoen gewen toe die geruite vlag vir hom in Austin geswaai is, terwyl Red Bull nou ook die vervaardigerstitel in die sakkie het.

Die wêreldkampioen – ʼn titel wat hy reeds in Japan sy eie gemaak het – was oudergewoonte net té goed en té vinnig vir sy teenstanders.

Nie Lewis Hamilton óf Charles Leclerc óf ʼn stadige besoek aan die kuipe (wat sy frustrasievlakke die hoogte laat inskiet) kon hom stuit nie.

Om sy 13 seges net gou in perspektief te plaas: Sy prestasie word slegs deur Michael Schumacher (2004) en Sebastian Vettel (2014) geëwenaar en met drie wedrenne wat nog op vanjaar se kalender wag, kan Verstappen beslis die geskiedenisboeke herskryf.

Lewis Hamilton – wat sy bes probeer het om die vlieënde Red Bull-renjaer in sy spore te stuit – het tweede geëindig, terwyl Ferrari se Charles Leclerc ook op die podium gestaan het.

Verstappen het sy oorwinning aan Dietrich Mateschitz opgedra. Die medestigter van die wêreldbekende Red Bull-energiedrankie is Saterdag in die ouderdom van 78 jaar oorlede.

“Hy het so ʼn groot rol in baie mense se lewens gespeel. Ons kon eintlik nou niks anders doen as om te wen nie. Selfs ná daardie rampspoedige besoek aan die kuipe het ek steeds my bes gegee en die spoednaald in die rooi gedruk om te probeer wen,” het Verstappen gesê.

Uitslae:

  1. Max Verstappen (Red Bull)
  2. Lewis Hamilton (Mercedes)
  3. Charles Leclerc (Ferrari)
  4. Sergio Perez (Red Bull)
  5. George Russell (Mercedes)
  6. Lando Norris (McLaren)
  7. Sebastian Vettel (Aston Martin)
  8. Kevin Magnussen (Haas)
  9. Yuki Tsunoda (AlphaTauri)
  10. Esteban Ocon (Alpine)

Jaerspunteleer:

  1. Max Verstappen 391 punte
  2. Charles Leclerc 267 punte
  3. Sergio Perez 265 punte
  4. George Russell 218 punte
  5. Carlos Sainz 202 punte
  6. Lewis Hamilton 198 punte
  7. Lando Norris 109 punte
  8. Esteban Ocon 78 punte
  9. Fernando Alonso 71 punte
  10. Valtteri Bottas 46 punte

Vervaardigerspunteleer:

  1. Red Bull 656 punte
  2. Ferrari 469 punte
  3. Mercedes 416 punte
  4. Alpine 144 punte
  5. McLaren 138 punte

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Groen Ghoen ·

Fantasties! Net om van Hamilton se arrogansie en selfverheerliking ontslae te wees is suiwer vreugde. Selfs Biden op sy fiets (al val hy stilstaande om) as F1 kampiopen is beter.

MakersMark ·

Uitstekend – albei kampioenskappe in die sakkie. LH het gelyk of hy parkering soek toe Max om hom jaag…..

piet ·

Net ‘n kwessie van tyd dan stryk Mercedes al hul probleme uit. Reeds baie naby….

MakersMark ·

Probleem vir Merc is die sir is ‘n gemiddelde bestuurder wat goed vertoon as die kar beduidend beter as die ander is. Nou dat ander spanne opvang wys sy swakhede duidelik en gee die kar nie meer die voorsprong bo die ander nie so Merc sal moet kyk na hoe om hul drywers te verbeter die sir lyk maar so so ……

piet ·

Verstappen lyk net goed omdat sy kar tans beter as al die ander s’n is. Verstappen moet eers meer as 100 wedrenne wen (‘n wereldrekord) soos Hamilton dan praat ons weer. Dan sal hy soos Hamilton, beter as gemiddeld geklassifiseer kan word en as ‘n werklike kampioen kan bekendstaan.

Henk ·

Nou wat sê jy daarvan hoe hy die titel gewen het verlede jaar toe Hamilton nog die vinniger kar gehad het ?

MakersMark ·

2021 het Merc die beter kar gehad en Super Max het steeds gewen. Beter bestuurder en beter strategie span. Toto en die sir kon toe nie by hou nie. Wat gaan verander dat dit nou gaan gebeur ? Selfs Ferrari met geen strategie se bestuurders en motors is myle voor Merc. En byt maar vas Nax se rekords kom………

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.