Ricciardo: ‘Max het titel verdien’

Max Verstappen en Daniel Ricciardo. Foto: Guiseppe Cacace/AFP.

Met sommige Mercedes-ondersteuners wat steeds ongelukkig is oor die gebeure in Abu Dhabi, meen Daniel Ricciardo dat Max Verstappen ongetwyfeld sy wêreldtitel verdien.

“Daar sou altyd ’n wenner en ’n verloorder gewees het; selfs al was daar net ’n baie vervelige laaste ronde op die spyskaart,” het die Australiër gesê.

“Al twee renjaers het dit eintlik verdien om met die louere weg te stap. Natuurlik sal Lewis [Hamilton] sy ondersteuners hê, maar moenie vir my kom sê dat Max nie die titel verdien het nie – dit is glad nie die waarheid nie.”

Ricciardo en Verstappen was vir ’n paar seisoene spanmaats en volgens die glimlaggende Aussie het hy nog altyd geweet dat Verstappen vir groot dinge bestem is.

“Dit is nou nogal lekker om te weet dat ek hom ’n paar keer ’n opdraande stryd in my Red Bull-dae gegee het. Maar dit was eintlik net ’n kwessie van tyd voordat Max die wêreldtitel ingeoes het.”

Intussen het Fernando Alonso gesê dat hy nie veel fout met die einde van die Abu Dhabi-wedren kan vind nie.

In die nadraai van die nou omstrede Grand Prix is Michael Masi uit sy stoel as wedrendirekteur geskop.

Die skrif was seker reeds verlede jaar aan die muur vir die 44-jarige F1-beampte toe ’n vlieënde Verstappen die wêreldtitel voor Hamilton se neus weggeraap het.

“Om eerlik te wees verstaan ek nie werklik waaroor al die bohaai gaan nie. Ek hoop nie al hierdie strukturele veranderinge is net oor daardie een wedren gemaak nie,” het die 40-jarige Spanjaard gesê.

Hy het egter bygevoeg dat Masi soms “te sag” in sekere situasies opgetree het en dat hy van Mohammed Ben Sulayem (nuwe FIA-president) se benadering hou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Lollapop ·

Max is die beste!, hy huil nie oor elke stampie, so gewens Hamilton tree uit soveel lekkerder om F1 te kyk sonder die klakous.

Alta Alleman ·

Mercedes het opgeneuk en kan nou nie die verloor hanteer nie. Kom oor dit.

Twallie ·

Die wêreld media stook meeste van die negatiewe gerugte. Ek kry elke dag nuus en dit is net stookwerk van die media, so gee nie eers meer aandag daaraan nie, want daardie perd is nou al lam gery.

Ek is seker die ouens wil net konsentreer op die nuwe seisoen, terwyl die media die sensasie aan die gang probeer hou.

Een van die groot redes hoekom Max gesê het hy gaan nie verskyn in die nuwe “Drive to Survive” seisoen om onderhoude te doen nie, want hulle probeer sensasie skep waar dit nie is nie.

Hamilton (en ek kan die ou nie hanteer nie) en sy span het net gedoen wat enige ander span in hul posisie sou doen, al hy is ‘n aandag vraat.

Hoop Max looi hulle weer die seisoen.

Patch ·

Max is die vlieënde Hollander. Hy het my respek en ek hoop hierdie jaar is ook ‘n goeie een vir hom. Tyd dat Lewis aftree, ek dink sy dae op die resiesbaan is getel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.