‘Roger is die Lionel Messi van tennis’

Roger Federer. Foto: Ben Stansall/AFP.

Volgens Richard Gasquet is dit ’n onbetwisbare feit: Roger Federer, en nie Rafael Nadal of Novak Djokovic nie, is die beste tennisspeler ooit.

“Dit gaan nie vir my oor ’n spul Grand Slam-titels nie – in my oë het Roger geen gelyke nie. Hy is die Lionel Messi van tennis,” het die Fransman gesê.

Dit is ook nie die eerste keer wat Gasquet die heuningkwas uithaal om Federer te beskryf nie.

“In my oë is hy onvervangbaar; veral wat die estetiese waarde van sy spel betref. Dit is die hoofrede waarom ek tennis kyk.”

Tog is alles nie meer deesdae net maanskyn en rose vir die 40-jarige Federer op die tennisbaan nie.

Die Switserse tennislegende het onlangs sy soveelste knieoperasie ondergaan en daar is nog onsekerheid oor wanneer hy presies weer by ’n groot toernooi sal afslaan.

Hy is egter nog honger vir sukses en hoewel hy nie deel van die Australiese Ope-aksie sal wees nie, sal hy waarskynlik weer alles in die stryd werp om vir Wimbledon gereed te wees.

“Soos wat ek vir Roger ken, sal hy op sy beste wil wees en speel om te wen,” het Ivan Ljubicic, sy afrigter, vroeër gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Christine ·

Dit is waar hy speel fantastiese tennis maar niemand is nie vervangbaar nie.

Treurwilger ·

Gasquet se bewondering vir Federer verblind hom vir die feit dat Federer reeds 12 titels ingepalm het voor Novak sy eerste. Novak het dus die Era van die Drie Grotes by verre oorheers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.